• Tuisblad
  • Gesondheid
  • NCCI weerlê berigte dat installasie van nuwe suurstoftenk kragonderbreking by staatshospitaal veroorsaak het
NCCI weerlu00ea berigte dat installasie van nuwe suurstoftenk kragonderbreking by staatshospitaal veroorsaak het
NCCI weerlu00ea berigte dat installasie van nuwe suurstoftenk kragonderbreking by staatshospitaal veroorsaak het

NCCI weerlê berigte dat installasie van nuwe suurstoftenk kragonderbreking by staatshospitaal veroorsaak het

Henriette Lamprecht
Die Namibiese Kamer van Koophandel (NCCI) se president, mnr. Bisey Uirab, het berigte weerlê dat die nuwe suurstoftenk wat onlangs by die Windhoek Sentrale Hospitaal installeer is, 'n kragonderbreking Sondagaand by dié hospitaal veroorsaak het. Volgens Uirab het alle rolspelers in die private sektor wat deel vorm van die NCCI hul toewyding beklemtoom om die regering met die voorsiening van suurstof in hospitale midde die Covid-pandemie te help. Die NCCI sal daarom nooit toelaat dat onervare kontrakteurs so 'n kritieke opdrag uitvoer wat die regering se pogings in die wiele sal ry nie.

"Ons het waardering vir die pogings deur die regering sowel as maatskappye en individue om 'n bydrae tot die voorsiening van suurstof te maak. Ons private sektor-inisiatief sal voortgaan om beduidende hoeveelhede suurstof gratis en in koördinering met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sowel as ander kommersiële verskaffers te lewer," het Uirab gesê.

Die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, het op sy beurt gesê die kragonderbreking het nie grootskaalse skade aangerig nie, maar hy wag nog op die volledige verslag van die elektriese span.
Verskeie openbare beamptes, ingesluit die burgermeester van Windhoek, mnr. Job Amupanda, het die kragonderbreking toegeskryf aan die swak installasie van die nuwe suurstoftenks. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!