NCCS-span wil in Dash uitblink
Bergfietsry
Tielman van Lill
Die NCCS/Cymot-bergfietsspan bestaande uit Fiffy Kashululu (kaptein), Danzel de Koe, Brandon Plaatjies en Marckernzy Eiseb, het die ambisieuse doelwit gestel om ’n sege vir die 2020 Nedbank Desert Dash-bergfietsmarathon te behaal. Die Dash vind op 11 en 12 Desember vanaf Windhoek via die Khomas Hochland en die Namib na Swakopmund oor 373 kilometer plaas, wat binne 24 uur afgelê moet word. Die NCCS-eenheid se vorige beste uitslag was in 2018 se Dash toe ’n tweeman- en viermanspan onderskeidelik tweede en sesde geëindig het. Met Nedbank agter die talentvolle ryers beoog hulle om vanjaar op hul vorige aanslag te verbeter. Die spanlede wat meestal in Katutura woon, het onlangs met fietsry-ontwikkeling in hul plaaslike gemeenskappe begin. In vanjaar se Nedbank Desert Dash sal 212 soloryers (18 vroue), 126 tweemanspanne en 134 viermanspanne die unieke uitdaging aandurf. Nagenoeg 35 persent van die inskrywings kom van buite die landsgrense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie