NCCS wil landsvlag na die res van Afrika dra
Geldnood is tans die enigste speek in die wiel van die span se ambisie.
Die NCCS Pro Cycling-span wat onlangs sy kettings suid van die Oranjerivier in die Wes-Kaap laat knars het, wil graag sy vlerke na die res van die vasteland sprei.
Indien die span se drome bewaarheid word en hy die finansiële hekkie kan oorkom, sal hy die eerste van 'n uitgelese Namibiese groep word om die res van Afrika se toppadfietsryers aan te durf.
Die NCCS-span het vroeër vanjaar aan die moeilike Mpumalanga-toer asook die 94.7 Cycle Challenge in Johannesburg deelgeneem. Vroeër vandeesmaand het die manne die Toer van Goeie Hoop in die Boland gepak waar hulle algeheel negende geëindig het en die Sondag daarna het hulle met die eendaagse Kaapstad-fietstoer van 109 kilometer om die Kaapse skiereiland klaargespeel.
Dan Craven, Namibië se voorste uitvoerproduk in padfietsry wat al vir verskeie internasionale spanne die wêreld vol gejaag het, was op 10 Maart in die voorste bondel van die Kaapstad-fietstoer. Craven eindig vyfde nadat hy in 'n jaagtog na die eindstreep betrokke was. Sy individuele sewende posisie in die Toer van Goeie Hoop is ook nie te versmaai nie.
Jacob Kiyola, bestuurshoof en kommunikasiebestuurder van die NCCS-span, sê die span se deelname op kontinentale vlak kan net met 'n gróót begroting bewaarheid word.
“In die afgelope drie jaar het ons aan die Mpumalanga-toer en die MTN Khemani Road Classic deelgeneem om ondervinding op te doen. Ons moes eerstehands uitvind hoe dinge op 'n professionele vlak gedoen word alvorens ons die groot stap neem om vir die res van Afrika te registreer. Om so 'n taak aan te pak, is veeleisend en verg baie geld,” het Kiyola gesê.
Kiyola reken die resultate van die Toer van Goeie Hoop en die Kaapstad-toer was die beste prestasies in die afgelope drie jaar sedert die span in Suid-Afrika begin jaag het.
“Om in Afrika-toere deel te neem, sal ons sterk internasionale ryers van ander lande moet kontrakteer. Die span wat onlangs in die Wes-Kaap meegeding het, is sekerlik die beste voorbeeld waar 'n Suid-Afrikaner en Namibiër vir ons goeie uitslae bewerkstellig het. Dit was die beste resultate wat ons nóg in die buurland kon behaal,” het Kiyola gesê.
Volgens Kiyola sal dit die span N$1.5 miljoen per jaar kos om in Afrika te gaan jaag.
“Ons sal die ryers ten minste N$5 000 per maand asook hul deelnemingskoste in resiese moet betaal. Die koste van registrasie by die Internasionale Fietsry-unie (ICU) is ongeveer N$500 000 per jaar en die ryers sal verseker moet word, wat N$15 000 per spanlid sal wees,” het hy verduidelik.
Kiyola sê deelname aan kompetisies in Afrika sal tot groot voordeel vir die Namibiërs wees en meer bekostigbaar as om 'n span internasionaal te laat ry. Hy erken dat om 'n wêreldklas span saam te stel, eenvoudig onbekostigbaar duur is, maar sy visie is om tien ryers vir sy span te kontrakteer.
“Ons weet die ekonomie is tans in 'n moeilike tyd. Nogtans is dit belangrik dat sport moet voortleef. Ons wil aan die wêreld wys dat Namibië ook 'n professionle fietsryspan in die veld kan stoot om teen die groter spanne te presteer. Ons wil graag hê plaaslike maatskappye moet aan boord kom om ons droom te help bewaarheid.” - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie