NCF sal vyf ryers uitsoek
Fietsry
Die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) het in totaal vyf toegekende plekke vir die 2022 Statebondspele in Birmingham verkry. Die Spele is vir 28 Julie tot 8 Augustus geskeduleer.
Hoeveel plekke vir mans- en vroueryers opsy gesit word, is na verneem word nog nie bevestig nie; ook nie die verdeling tussen padfietsryers en bergfietsryers nie.
Die NCF het ryers met die ambisie om die land te verteenwoordig, ingelig dat hulle in die fietsrydissipline van hul keuse (bergfietsry, padfietsresies of tydtoets) kan meeding.
Die NCF het aangekondig dat die keurkomitee die volgende byeenkomste as maatstaf vir die aanwysing van die Namibiese span sal gebruik.
BERGFIETSRY
26 Februarie – SA Cup, Vrystaat (RSA)
13 Maart – WXCM, Windhoek (datum kan verander)
01 April – XC Zero UCI Klas 1, Windhoek
08 April – Afrika-kampioenskap, Windhoek
30 April – SA Cup, Limpopo (RSA)
PADRESIES
23 Januarie – Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks nr. 1
30 Januarie – Nedbank WPP nr. 2
06 Februarie – Namibiese nasionale kampioenskap, Windhoek
13 Februarie – Nedbank Cycle Challenge
13 Maart – Kaapstad-fietstoer (RSA)
TYDTOETS
04 Februarie – Nasionale tydtoetskampioenskap, Windhoek

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie