NCF-span reg vir strawwe Toer van Mpumalanga

Drie professonele kontinentale spanne word in die toer verwag.
NAMPA
Die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) se nasionale span is oorgehaal vir sy deelname aan die Toer van Mpumalanga wat komende Vrydag begin en op Donderdag 17 Januarie ten einde loop.

Die toer van ses skofte word as een van die grootste padfietsbyeenkomste in Suid-Afrika getel en strek oor 752 kilometer deur die Mpumalanga-provinsie – vanaf Loskopdam via Badplaas tot by Mbombela, Graskop en die Blyderivier-canyon.

Johannes (Jo-Jo) Hamunyela, Alex Miller, Xavier Papo, Fiffy Kashululu, Jafet Amukushu en spankaptein Drikus Coetzee sal Namibië in die sesdaagse toer verteenwoordig.

Die spanbestuurder Jacob Kiyola het aan die nuusagentskap Nampa gesê die span is reg vir die uitdaging wat teen van die beste ryers en spanne in Suid-Afrika voorlê.

“Die Toer van Mpumalanga is een van Suid-Afrika se voorste padfietstoere en as 'n span in die NCF-kleure is ons baie opgewonde en bevoorreg, want ons het goed voorberei en al ons ryers het meer as duisend kilometer in oefensessies gery.”

Kiyola reken dié toer skop die 2019-seisoen met 'n ware toets van fiksheid en krag af.

“Dit is 'n baie veeleisende toer vir enige span. Die kompetisie is hewig, want daar is drie professionele kontinentale spanne wat sal meeding,” het hy gesê.

Ebben Ezer Iita, ook 'n bestuurslid en drywer van die ondersteuningsvoertuig, sê die besoek aan Mpumalanga is goeie voorbereiding vir die jaers wat vanaf 1 tot 3 Februarie by die Namibiese nasionale padfietskampioenskap goed wil vaar.

Later vanjaar wag ook die Afrika-kampioenskap waar die Namibiërs die kans wil aangryp om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer.

Drikus Coetzee, wat saam met Ka­shululu en Hamunyela die toer vir die tweede keer aanpak, sê die span sal sy bes lewer, hoewel dit moeilik is om vir die eerste kompetisie ná die Nuwejaar 'n voorspelling te waag.

Die span word ook vergesel deur Martin Nghilifavali as meganikus en die NCF se skakelbeampte, Benjamin Haidula.

Die Toer van Mpumalanga word ook genoem as ideaal vir fietsryers wat beplan om aan grotes soos die Suid-Afrikaanse kampioenskap of die Cape Epic deel te neem.

Die toer se ses skofte deur van die mees natuurskone dele van Mpumalanga verloop soos volg:

Skof 1 – van Blyderivier na Swadini

Skof 2 – van Swadini na Mount Sheba

Skof 3 – van Mount Sheba na Mbombela-stadion

Skof 4 – van Witrivier na Mbombela (via Umjindi)

Skof 5 – Mbombela Stadium na eManzana

Skof 6 – van eManzana tot by Loskopdam

Die Namibiese span vertrek vandag en word aanstaande Vrydag terug verwag. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!