Ndeitunga: Genoeg is genoeg
Maria Eiseb - Namibië se polisiehoof is hoogs ontsteld oor sy ondergeskiktes se gedrag.
Lt.genl. Sebastian Ndeitunga het by die inwyding van die polisie se nuwe logistieke stoor in die hoofstad gesê hy is nie tevrede met beamptes se gedrag by padblokkades en polisiekantore nie.
Ndeitunga het gesê sekere gedrag moet “end kry”, want dit skep ’n swak beeld van die Namibiese polisie.
“Sommige beamptes sit met oorfone op en sing ‘Omunye’, of luister na Michael Jackson, en die gemeenskap word dus nie gehelp nie.
“Mense staan vir ure en wag voor hulle bedien word, en dan hoor jy die beampte vra ‘moet ek in twee gesny word om jou te help, kan jy nie sien ek is besig nie?’” het hy gesê.
Volgens Ndeitunga dink dié beamptes hulle is in beheer van die polisiekantore.
“Dit is nie jul eiendom nie, dit is vir die gemeenskap. Julle moet slegs ’n diens lewer,” het hy gesê.
“Soms is hulle ook onbeskof met bejaardes by die polisiekantore,” het hy gesê.
“Dit is hoog tyd dat ons van polisiebeamptes met misdadige neigings ontslae raak,” het hy gesê.
Ndeitunga het ook diegene wat nie na die streke uitgestuur word nie, gekritiseer.
Volgens die polisiehoof is beamptes ook nêrens by padblokkades te sien nie, en het hy selfs by ’n beampte aan die slaap gekry by een.
“Om te slaap gedurende werksure is wangedrag, ek sal julle afdank,” het hy gesê.
Ndeitunga het hom ook uitgespreek teen misdade teen toeriste, studente en skoolkinders.
“Hoe gaan ons ’n skoon stad hê as die mense bang is om te kom kuier? Dis die eerste ding waaroor mense vra - die veiligheid van die stad,” het hy gesê.
By dieselfde geleentheid het die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua, gesê die regering het versoek dat behuising vir polisbeamptes opgerig word.
“Polisiebeamptes sukkel met verblyf. Hoe kan iemand wat in sulke omstandighede leef, produktief wees?” het hy gevra.
Volgens Kazapua moet beamptes voel hulle word waardeer.
Mobiele polisiekantore is ook nie in ’n goeie toestand nie, het hy gesê.
Volgens Kazapua hoef daar ook nie kompetisie tussen die stadspolisie en die Namibiese polisie te wees nie.
“Almal moet die gemeenskap teen misdaad beskerm, niks anders nie,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie