Ndeitunga sê ook Kalahariwoestyn bly
Denver Kisting – Lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die inspekteur-generaal, sê Namibiërs wat vra die weermag moet aan ’n teenmisdaadoperasie onttrek word, kan daarvan vergeet.
Hy sê in ’n toespraak Operasie Kalahariwoestyn en sy voorganger, Hornkrantz, help om misdaad hok te slaan.
Hy het sy medelye betuig met die naasbestaandes van wyle mnr. Fambauone Black, die 22-jarige Zimbabwiër wat glo verlede week aan die hand van ’n weermaglid gesterf het.
Korporaal Gerson Nakale (38, foto) het glo die noodlottige skoot omstreeks 01:00 Donderdag in Monicastraat in Katutura afgevuur.
Pres. Hage Geingob het ook vroeër vandeesweek gesê die samestelling van die operasie bly onveranderd ondanks die tragedie.
Lees môre die volledige berig in Republikein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie