Ndeshi wen ontwerpkompetisie

Die Namibiese ontwerper Ndeshi Fikameni van Afroprint Line is deur die publiek as die algehele wenner aangewys in die eerste Oshikandela Namibia’s Most Loved Object-veldtog vir haar skep van 'n ekovriendelike inkopiesak.

Oshikandela is ’n produk van Namibia Dairies (ND) wat op sy beurt ’n filiaal van die Ohlthaver & List (O&L)-groep is. Tydens die bekendstelling van die nuwe Oshikandela-voorkoms het Ndeshi weggestap met ’n kontantprys van N$15 000. Deel van haar prys sluit in die ondersteuning en samewerking van Oshikandela om sukses met haar volgende projek te verseker.

Vier ontwerpers is gekies om aan die veldtog deel te neem. Materiaal wat verteenwoordigend is van die Oshikandela-geure, is aan elkeen verskaf wat hulle dan deel van hul ontwerp moes maak.

Die ontwerper Leon Engelbrecht van Leon Engelbrecht Design het 'n groot handsak vir die veldtog ontwerp en Pewa Uushona van PROUD ’n kleurvolle eenstuk-pak geïnspireer deur die Oshikandela-aarbeigeur. DJ Alba Nalo van House of Nalo het ’n skouer- en nekhalssnoer ontwerp.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!