NDF-lid vervals glo dokumente
NDF-lid vervals glo dokumente

NDF-lid vervals glo dokumente

'n Namibiese weermaglid word van korrupsie aangekla nadat hy onder meer vervalste doopsertifikate aan mense uitgereik het.
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai



'n Lid van die Namibiese weermag (NDF) wat 'n klag van korrupsie in die gesig gestaar, het Maandag sy eerste verskyning in die landdroshof op Walvisbaai gemaak.

Mnr. Jeremia Haikwuyu (40) is Vrydag in hegtenis geneem en 'n klag van korrupsie is teen hom aanhangig gemaak.

Die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het gesê die beskuldigde het Vrydag omstreeks 16:00 in die informele nedersetting Tutaleni in Kuisebmond, mense na bewering uit hul geld bedrieg.

“Hy het glo doop- en katkisasieklasse aangebied en vervalste doop- en aannemingsertifikate uitgereik, en die amptelike stempel van die NDF gebruik. Beslag is op die amptelike stempel, die doop- en aannemingsdokumente sowel as 'n kontantbedrag van N$1 600 gelê.”

Tydens sy eerste verskyning is Haikwuyu daarvan aangekla dat hy sy kantoor op 'n korrupte manier tot sy eie voordeel gebruik het.

Staatsaanklaer Tuihaleni Hilikuete het borgtog teengestaan op grond daarvan dat dit 'n ernstige oortreding is.

Haikwuyu het aangedui hy sal self sy regsverteenwoordiging behartig totdat hy kan vasstel of hy kwalifiseer vir 'n private prokureur.

“Die ondersoek is nog in die beginstadium en op die volgende hofdatum kan jy 'n formele borgaansoek indien. Tot dan sal jy in aanhouding bly,” het landdros Vicky Nickolaidis gesê.

Die saak is tot 20 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!