NDF neem deel aan militu00eare oefening
NDF neem deel aan militu00eare oefening

NDF neem deel aan militêre oefening

Francoise Steynberg
Die Namibiese weermag (NDF) en dié van Botswana gaan saamwerk aan 'n militêre vredesoefening met die naam Operasie Tshwaragano ll.

Die operasie sal na verwagting vanaf 16 tot 30 Julie in die Kgalagadi-distrik in Botswana plaasvind.

Volgens 'n mediaverklaring van die waarnemende woordvoerder van die NDF, majoor Petrus Shilumbu, is dit die derde gesamentlike militêre oefening tussen die twee lande ná Operasie Tshwaragano l in Botswana in 2014 en Operasie Hanganee l in Gobabis in die Omahekestreek in 2016.

Deelnemende lede van die NDF sal Maandag na Botswana vertrek.

Lede van die publiek word gemaan om nie soos verlede jaar paniekerig te raak wanneer hulle 'n konfooi van NDF-voertuie op die Trans-Kalahari-hoofweg na Botswana gewaar nie. - Nampa

Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer