NDF su00ea oor brand by militu00eare gesondheidsentrum
NDF su00ea oor brand by militu00eare gesondheidsentrum

NDF sê oor brand by militêre gesondheidsentrum

Henriette Lamprecht
Die ministerie van verdediging en veteranesake het in 'n verklaring lig gewerp op die brand Sondag by die weermag se gesondheidsgeriewe, die Peter Mweshihange militêre gesondheidsentrum (PMMHC) by die Tobias Hainyeko-militêre basis in Suiderhof. Volgens die verklaring het die brand omstreeks 13:00 uitgebreek en is alle mediese toerusting en verwante materiaal in die brand verwoes.

Die ingryping van die brandweer het egter verseker dat aanliggende geboue nie in die brand beskadig is nie. Volgens die verklaring is die teater, stoor, nooddepartement en vier sale met 26 beddens tans nie bruikbaar nie en wat die las op nasionale gesondheidsdienste midde die pandemie verhoog. Sommige van die voertuie wat by die perseel gestaan het, is ook beskadig toe dit verwyder is.

Die vuur is teen 15:00 onder bedwang gebring. Geen pasiënte was ten tye van die brand in die betrokke sentrum nie en niemand is in die brand beseer nie. 'n Ondersoek is aan die gang om die oorsaak van die brand en beraamde verlies te bepaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!