NDF-soldaat oor diefstal van geweer gevonnis
NDF-soldaat oor diefstal van geweer gevonnis

NDF-soldaat oor diefstal van geweer gevonnis

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - ‘n Soldaat van die Namibiese weermag (NDF), Titus Mupupa Nehale, is Vrydag in die landdroshof op Grootfontein gevonnis nadat hy ’n AK47-aanvalsgeweer van die NDF gesteel het.


Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is Nehale op 18 Julie 2018 in Windhoek in hegtenis geneem.

“Die NDF-lid wat op Grootfontein gestasioneer was, het die aanvalsgeweer van die weermag gesteel met die bedoeling om ‘n renoster te stroop,” het Muyunda gesê.

“Die saak van die sameswering om ‘n renoster te stroop, is steeds hangende. Ons wil ‘n sterk boodskap uitstuur dat misdaad – veral wildmisdaad – nie die moeite werd is nie.”

Nehale is tot twee jaar direkte gevangenisstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is vir ’n tydperk van 60 maande.

“Hierdie NDF-lid het sy werk weens gierigheid verloor. Hy moet nou tronkstraf uitdien en gaan dalk langer agter tralies wees met die ander hangende sake teen hom,” het Muyunda gemaan.

- [email protected]

Foto ter illustrasie Wikipedia

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!