Neckartal in Maart in gebruik
Neckartal in Maart in gebruik

Neckartal in Maart in gebruik

Die regering moet nog besluite oor die beplande besproeiingskema neem.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage – Die reuse- Neckartaldam in die Suide sal na verwagting in Maart 2020 in gebruik geneem word.

Dít volgens die uitvoerende direkteur van landbou, water en bosbou, mnr. Percy Misika.

Die projek se hoofkontrakteur, Salini, is tans besig met die N$5,6 miljard-dam se finale afwerking, sê hy.

“Die kontrakteur het die siviele werk reeds aan NamWater oorhandig. Droë toetsing van damtoerusting sal nou voor ingebruikneming uitgevoer word,” sê hy.

Misika sê die dam het laat verlede jaar voldoende watervlakke bereik.

“Met my laaste besoek aan die dam was die watervlak ’n geskatte 14 m. Ons het 9 km per boot gereis. Waarop die watervlak nou staan, sal ek moet bevestig, aangesien daar intussen ’n droogte was en verdamping plaasgevind het,” sê hy.

Bouwerk aan die dam, wat dikwels kontantvloeiprobleme gehad het, is in Oktober 2018 voltooi.

Die dam sal na verwagting 880 miljoen kubieke meter water hou as dit eers vol is.

Neckartal is nie in NamWater se weeklikse damverslae gelys nie.

Mnr. Johannes Shigwedha, NamWater se woordvoerder, het gesê hy kan nie kommentaar oor die dam se status lewer nie, omdat dit steeds ’n staatsprojek is.

Oor die beoogde Neckartal-besproeiingskema sê Misika die regering het nog nie besluit of dit deur Agribusdev bestuur of verhuur sal word nie.

Hy sê die regering beplan die ontwikkeling van twee besproeiingskemas in die ||Kharas- en Zambezistreek.

In 2018 het mnr. Ignatius Endyala, Agribusdev se ontwikkelingsbestuurder, gesê ’n private-openbare vennootskap word vir die beplande skema gesoek.

Misika het aangedui die regering is terug by die beplanningsfase van die projek.

“’n Besluit is nog nie geneem oor of dit deur Agribusdev of privaat bestuur sal word nie,” sê hy.

“Ook weens begrotingsbeperkings is dié besluit nog nie geneem nie. Beskikbare fondse sal nie voldoende wees om die besproeiingskemas te ontwikkel nie,” sê hy.

Sowat 1 900 ha grond is vir besproeiing by Nekcartal beskikbaar waar druiwe, dadels, lusern, groente en mielies gekweek kan word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!