Neckartal in September aan regering oorhandig
Die //Karasstreeksraad se hoofbeampte, mnr. Beatus Kasete sê die nuutgeboude Neckartaldam sal in September vanjaar amptelik aan die regering oorhandig word.
In ‘n onderhoud met Nampa ná sy onlangse besoek aan die dam, het Kasete gesê dat Salini Impregilo, die Italiaanse maatskappy wat die dam gebou het, hom verwittig het dat dit reeds 98,8% voltooi is.
Kasete se besoek aan die dam vorm deel van 'n bekendmakingsreis aan die streek se voltooide projekte, asook aan projekte wat steeds onderweg is. Dit kom nadat hy in November 2018 aangestel is.
“Die dam is 98,8% voltooi en volgens Salini moet hulle nog toets of alles werk, wat die hidro-kragopwekkingsaanleg insluit. Dan sal dit in September aan die regering oorhandig word,” het Kasete gesê.
Verlede jaar Oktober het die minister van landbou, water en bosbou, Alpheus !Naruseb aangekondig dat die dam 100% voltooi is en daar nou slegs op reën gewag word.
Die Neckartal dam is in die Berseba-kiesafdeling geleë en bouwerk aan die dam het reeds in 2013 begin. Die dam sal die Namibiese regering meer as N$ 5,7 miljard kos teen die tyd wat dit voltooi is en dit sal water aan ‘n 5 000 ha besproeiingskema verskaf.
Die besproeiingsprojek sal na verwagting werk aan sowat 800 mense verskaf en tot ‘n 1000 tydens oestye, sê die ministerie.
Die dam sal Namibië se grootste een wees, met ‘n kapasiteit van sowat 960 miljoen kubieke meter water – drie keer soveel as wat die Hardapdam kan hou. Die Hardapdam, wat naby Mariental in die Hardapstreek geleë is, was tot dusver Namibië se grootste dam in terme van die hoeveelheid water wat dit kan hou. – NAMPA. Die foto wys die Neckartal dam vanuit die lug op April 2018. Foto Wikimedia Commons.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie