Neckartal loop óók oor
Die Neckartaldam het vanmiddag begin oorloop, nadat dit die afgelope week 'n sterk invloei van water gehad het.
Volgens ‘n tussentydse damverslag wat láát Vrydag deur NamWater uitgereik is, het die Neckartaldam tussen verlede Maandag en Vrydag meer as 15 miljoen kubieke meter (Mm³) water ontvang. Teen die afgelope Vrydag was dit 94,3% vol.
Altesaam sewe nasionale damme het die afgelope week water ingekry.
Teen vanoggend was die Hardapdam 70,4% vol. Dit volg nadat dié dam se vlakke die afgelope Saterdag tot 75,3% gestyg omdat die tempo waarteen water die dam binnegevloei het, meer was as wat by die sluise uitgelaat is.
Gister (Sondag) omstreeks 12:00 is die sluise weereens groter oopgetrek sodat dit 400 m³ water per sekonde uitlaat. Tóé was die dam 73,2% vol en die hoop was dat die dam teen gisteraand weer tot op die 70%-merk sou daal.
Water het dit toe steeds teen 165 m³ per sekonde binnegevloei.
Die Nautedam se sluise is die afgelope Vrydag vir die tweede keer in ‘n week oopgetrek toe die dam sowat 100,7% vol was.
Die Swakoppoortdam het van 74,9% verlede Maandag tot 77,2% Vrydag gestyg, terwyl die Oanob ook van 74,8% tot 75,3% gestyg het. Die Von Bachdam het ook van 46,5% tot 46,7% gestyg, terwyl die Friedenaudam se vlak oor dieselfde tydperk van 76,7% tot 85,7% gelig het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie