Neckartaldam in regering se hande

Ogone Thlage
Ogone Tlhage



Die Neckartaldam is verlede week amptelik aan die regering oorhandig.

Die kontrakteur Salini Impregilo se bou van die N$5,6 miljard-dam is eindelik voltooi.

Adj.pres. Nangolo Mbumba het by die geleentheid gesê die dam sal as katalisator vir voedsekerheid dien.

Dit sal in die proses dan ook as katalisator vir sport en ontspanning, energieopwekking, navorsing en ontwikkeling, industrialisering en werkskepping dien, het hy gesê.

Volgens hom is die dam se hoof­doel om vars vloedwater op te vang wat gewoonlik tydens die reënseisoen in die Visrivier invloei.

“Dié water sal vir 'n 5 000 ha-besproeiingsprojek aangewend word waar lusern, tafeldruiwe, dadels en ander kontantgewasse of vrugte en groente gekweek sal word,” het hy gesê.

“Die idee is dat die dam ook sekondêre voordele vir toerisme en watersport sal inhou. Dit sal ongelooflik tot broodnodige werkskepping bydra, en ekonomiese groei in Keetmanshoop en omliggende areas stimuleer. Dit sal ook bydra tot watersekerheid, voedsel­selfonderhoudendheid, en voedsel- en voedingsekerheid vir die ||Kharasstreek en Namibië in die algemeen,” het Mbumba gesê.

Hy het gesê die dam sal ook 'n hidroëlektriese kragskema bevat wat na verwagting 3,5 MW se krag per uur sal kan opwek, wat in die nasionale kragnetwerk teruggeploeg kan word.



BESPOEDIG SKEMA

Me. Lucia Basson, goewerneur van die ||Kharasstreek, verwelkom die projek, maar het die regering gevra om die finalisering van die beoogde 5 000 ha-besproeiingskema te bespoedig.

“Die projek, tesame met die bou van die dam, het 'n reuseimpak op die mense in die streek gehad. Mense het baie hoë verwagtinge. Ek sal baie bly wees as die besproeiingsprojek afskop. Die water moenie net in die dam wees nie – dit moet ook vir die besproeiingsprojek aangewend word,” sê sy.

Sy het die bou van die dam ondersteun en gesê dit sal tot voordeel van die dorre ||Kharasstreek wees. Basson het ook na oudpresident Hifikepunye Pohamba se rol in die bou van die dam verwys.

Die dam sal in 'n latere stadium aan NamWater oorhandig word, het die uitvoerende direkteur van landbou, water en bosbou, mnr. Percy Misika, gesê.

Volgens hom moet damvlakke eers 45 m bereik en moet geriewe meganiese en elektriese toetsing ondergaan.

Die dam is tans 10,5% vol, het hy gesê.

Dit is die grootste dam in die land en sy volle kapasiteit is 857 miljoen kubieke meter water.

Die dam strek oor meer as 38 km stroomop en het 'n omtrek van meer as 290 km.

Die regering het N$5,5 miljard aan die bou van die dam bestee.

'n Verdere N$1,3 miljoen is aan grond vir die besproeiingsprojek bestee.

Die grond sal binnekort by die ministerie van grondhervorming geregistreer word, het Misika gesê.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!