Neckartaldam: Visserye, akwakultuur ondersoek
Die visseryeministerie, in vennootskap met die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie, is aan die stuur van ’n navorsingsprojek.
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop
’n Navorsingsprojek vir visserye en akwakultuur wat verlede week by die Neckartaldam van stapel gestuur is, het ten doel om gemarginaliseerde gemeenskappe sowel as gemeenskappe in die omliggende gebiede op te hef.
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, in vennootskap met die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), is aan die stuur van dié projek.
Volgens die FAO het die ministerie vroeër vanjaar tydens ‘n ondersoek na die volhoubaarheid van die akwakultuurprojek by die dam vir steun gevra.
In ‘n toespraak deur die FAO se verteenwoordiger in Namibië, me. Farayi Zimudzi, het die organisasie tegniese ondersteuning verleen om die potensiaal van visserye en akwakultuur by die Neckartaldam te ondersoek.
“Die organisasie het positief gereageer en ’n tegniese samewerkingsprojek ontwikkel wat die voorsiening van toerusting en tegniese kundigheid, sowel as ondersteuning in kapasiteitsontwikkeling, insluit.
“Die navorsingsprojek sal na verwagting sleutelopbrengste tot gevolg hê – waaronder ‘n haalbaarheidstudieverslag en ‘n omgewingsimpakverslag,” het Zimudzi se verteenwoordiger, mnr. Ferdinand Mwaapopi, namens haar gesê.
Hulle het voorts gesê die navorsingsprojek sal na verwagting bewustheid oor visserye en akwakultuur rondom die dam onder die omliggende gemeenskappe en landswyd skep.
“Hierdie projek is goed in pas met ’n groter projek wat die FAO in die ministerie van visserye ondersteun waar ons saam ’n nasionale plan van aksie vir kleinskaalse visserye ontwikkel het,” het sy verder gesê.
BEMAGTIG GEMEENSKAPPE
Die projek het glo ten doel om gemarginaliseerde en kwesbare gemeenskappe te bemagtig deur verbeterde deelname binne die visbedryf.
Die navorsingsprojek is nog besig om vorm aan te neem en sal amptelik in 2022 afskop.
Sy het voorts gesê kleinskaalse vissermanne, ambagsvissers, visboere en viswerkers het sonder twyfel enorme potensiaal om beduidende veranderinge in produksie, verwerking, verspreiding en verbruikspatrone van vis en akwatiese produkte aan te wakker – wat sal bydra tot gesonde en veelsydige diëte, mense se lewensbestaan, gemeenskapswelvaart en tradisionele kultuur.
Die projek het die positiewe en negatiewe impak op die akwatiese stelsels, visserye en akwakultuur uitgelig, sowel as versagtings- en bestuursmaatreëls vir bewaring en die volhoubare gebruik van mariene hulpbronne.
Volgens die goewerneur van die ||Kharasstreek, me. Aletha Fredericks, is die streekraad opgewonde om saam met die ministerie te werk om te verseker die navorsingsprojek is ‘n sukses.
“Dié sal ‘n projek wees wat baie werksgeleenthede vir plaaslike inwoners sal skep, en ek moedig entrepreneurs en boere wat boerderybesighede op die been wil bring sterk aan om geïntegreerde boerdery-aktiwiteite te oorweeg wat beide landbou en akwakultuur behels. Ongeveer 30 000 mense word deur kleinskaalse visserye ondersteun.
“Vroue en jongmense moet ook bemagtig en geleer word hoe om vis te vang, te verwerk en te bemark. Infrastruktuur wat kan help met hierdie opleidingsgeleenthede moet ook opgerig word. My kantoor sal meer as bereid wees om in daardie verband te help,” het Fredericks tydens die bekendstelling gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie