Necsa glo kernkrag gaan miljarde in ekonomie pomp
Necsa glo kernkrag gaan miljarde in ekonomie pomp

Necsa glo kernkrag gaan miljarde in ekonomie pomp

Ronelle Rademeyer
Elvira Wood

Die Suid-Afrikaanse regering se plan om nuwe kern­kragsentrales te bou, gaan nie net help om die land van krag te voorsien nie.
Dit gaan ook ’n reusebydrae tot werkskepping lewer, sê Phumzile Tshelane, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse kernkragkorporasie (Necsa).
“Die projek om die aanlegte te bou, gaan minstens tien jaar duur, met ’n voorvereiste dat minstens 50% van die projek plaaslik verskaf moet word,” het Tshelane by Pelindaba naby Hartbeespoortdam in Noordwes aan die media gesê.
Tshelane het in Mei voorspel ongeveer R340 miljard sal danksy die projek weer in die Suid-Afrikaanse ekonomie teruggeploeg word.
Voorheen is berig die regering se beplande projek, waarvoor die Russiese staatsonderneming Rosatom vir die kontrak van 9,6 GW se nuwe kernkragsentrales in Suid-Afrika wil bie, ongeveer R1 000 miljard kan kos.
Dr. Kelvin Kemm, voorsitter van Necsa, sê hul skatting is dat die projek eerder sowat R650 miljard gaan kos. “Die bedrag hoef nie op een slag betaal te word en die land bankrot te maak nie,” sê Klemm.
“Die projek sal in fases gebou word, en sodra die eerste een klaar is, sal hy ’n inkomste verdien wat sal help om vir die konstruksie van die ander te betaal.
“Baie kennis gaan opgedoen word in die eerste bouprojek, wat behoort te help dat die tweede en derde sentrales vinniger en selfs meer kostedoeltreffend voltooi kan word,” sê hy.
Kemm erken Necsa staan nie neutraal teenoor die besluit om die kernkragsentrales te bou nie, veral omdat hy ’n staatsonderneming is wat sowat 26% van sy geld van die regering kry.
“Buiten dat ons glo dat kernkragsentrales baie goedkoper en meer omgewingsvriendelike krag kan genereer, het dié tegnologie die vooruitsig om vir baie jare volhoubare energie te lewer.
“Die Safari 1-navorsingsreaktor by Pelindaba word tussen 303 en 306 dae per jaar gebruik en is reeds 51 jaar oud. Ons verwag die reaktor sal minstens tot 2030 in gebruik wees, wat hom dan 65 jaar oud sal maak,” sê hy.
Net vier van Eskom se 18 steenkoolkragsentrales is ouer as Safari 1. Die vasteland se enigste kernkragsentrale, Koeberg noord van Kaapstad, is sedert 1984 in gebruik.
Necsa het joernaliste verlede week na Pelindaba genooi om sy geriewe en onder meer die Safari 1-reaktor te besigtig.
-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!