Nedbank staan agter tweede reeks vir outisme
Nedbank staan agter tweede reeks vir outisme

Nedbank staan agter tweede reeks vir outisme

Gholf
Andrew Poolman
Ná die sukses van die 2020 Nedbank for Autism gholfreeks, waarmee meer as N$130 000 vir die Outismevereniging van Namibië ingesamel is, het Nedbank aangekondig dat hy vanjaar weer die reeks sal borg.

Die reeks van tien toernooie begin op 20 Februarie by Omeya-gholfklub, in die opbou tot die finaal op 20 November by dieselfde baan.

Nege ander klubs landswyd sal tussendeur toernooie aanbied in die reeks waarmee geldinsameling en bewustmaking vir die Outismevereniging van Namibië die hoofdoel is.

Net soos laas jaar kan enige gholfspeler met ’n amptelike voorgee in enige van die tien toernooie deelneem.

Die formaat is individuele stableford. Elke toernooi se wenner dring deur tot die finaal. By die finaal sal elk van die tien wenners gegroepeer word saam met ’n genooide span van drie spelers wat deur die borgmaatskappye ingeskryf word. Die algehele pryse waarvoor meegeding word, het glo nie hul gelyke op die plaaslike gholftoneel nie.

Die skedule van toernooie is:

Omeya gholfklub op Saterdag, 20 Februarie 2021

Mariental gholfklub op Saterdag, 6 Maart

Gobabis gholfklub op Saterdag, 27 Maart

Tsumeb gholfklub op Saterdag, 24 April

Oshakati gholfklub op Saterdag, 26 Junie

Okahandja gholfklub op Saterdag, 24 Julie

Walvisbaai gholfklub op Saterdag, 21 Augustus

Rössmund (Swakopmund) op Saterdag, 28 Augustus

Hentiesbaai gholfklub op Saterdag, 4 September

Windhoek Buiteklub op Saterdag, 16 Oktober

FINAAL by Omeya gholfklub op Saterdag, 20 November

• Me. Martha Murorua, Nedbank Namibië se besturende direkteur, sê: “Gholf het ’n spesiale aantrekkingskrag vir Nedbank en ons het ’n lang verbintenis met die sport se ontwikkeling in Namibië. Ons bydrae tot die ontwikkeling van junior gholf het tevore ’n rol in die opgang van kampioene soos Stefanus Bonifatius en Likius Nande gehad. Ons sien daarna uit om nuwe gholfervarings by bane en klubs oor die hele land heen op te bou.”

• Me. Petra Dillmann, direkteur van die Outismevereniging van Namibië, sê die gholfreeks se opbrengs het groot waarde om mense met outisme en hul gesinne en onderwysers te help ondersteun en om opleiding en kennis te verbreed.

• Die hooforganiseerder Dan Zwiebel sê hy is opgewonde oor die 2021-weergawe en trots op die prestasie van verlede jaar se reeks. “Ons mik om vanjaar nog beter geleenthede aan te bied. Ons is dankbaar teenoor die borge wie se steun help verseker dat ons deur die spel gholf ’n verskil kan maak.”

Medeborge vir die tien landwye toernooie sluit in M+Z Motors, AfricaOnline, Engen Namibia, ComputerKit Namibia, Khomas Medical Centre, Taeuber & Corssen, Gondwana Collection Namibia, Safintra Roofing, Imperial, asook Future Media (mediavennoot).

Enigiemand wat belangstel om vir die Nedbank for Autism reeks te registreer, kan Dan Zwiebel by [email protected] bereik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!