Nedbank steun teenstropery
Die organisasie takel onder meer tekortkominge in teenstropinglogistiek en ondersteun Isap se voertuie en hul lugvleuel.
Nedbank Namibia het N$50 000 aan Intelligence Support Against Poaching (Isap) geskenk vir sy daaglikse werksaamhede om wildstropery te beveg.
Isap se veeldoelige benadering help om Namibië se bedreigde spesies soos renosters, olifante en leeus te beskerm. Dié waardevolle lid van Namibië se teenstropingstaakmag versamel inligting deur sy digitale platforms, die 555 55-noodlyn waar stropery per SMS aangemeld kan word, en deur personeel op voetsoolvlak.
Die groep verwerk dan die inligting vir intelligensie wat gebruik word deur die teenstropingsorganisasies soos die ministerie van die omgewing en toerisme en die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne.
Isap maak op gemeenskappe staat om werksaamhede op voetsoolvlak te versterk.
Mnr. Tinus Hansen, hoofbedryfsbeampte van Isap, het die belangrike verhouding tussen wild en mense as volg verduidelik: “Sonder landelike gemeenskappe se kuratorskap sal wild nie teen stropers beskerm word nie – daarom is ons wild en mense nou aan mekaar verbind.”
Om hierdie rede neem Isap aan 'n verskeidenheid gemeenskapsontwikkelingsprojekte deel met die doel om 'n intelligensienetwerk oor die hele Namibië te vestig.
“Plaaslike gemeenskappe ken die diere. Hulle verstaan hoe hulle beweeg en hoe belangrik dit vir die Namibiese ekostelsels is. Die gemeenskappe is die sleutel tot die beskerming van ons beskermde spesies, want hulle is ons oë, ore en hande,” sê Hansen.
Isap is besig om die erewildbewaarderprogram van stapel te stuur, asook om 'n netwerk van informante te vestig om inligting wat ingesamel word, te koördineer en te sentraliseer.
Die organisasie takel ook tekortkominge in teenstropinglogistiek en bied steun aan die Isap-voertuie en -lugvleuel. Isap monitor en evalueer ook van die toerusting wat deur die taakmag in teenstropingsprojekte gebruik word.
Omdat Isap ervaring in dataversameling het, is dit as 'n fokuspunt vir die gebruik van Cmore-intelligensiesagteware in Namibië voorgestel.
Isap het ook bande met internasionale tegnologiegebaseerde organisasies gevestig.
“Ons span sluit regslui, ingenieurs, vlieëniers, veldoperasiespesialiste en uitvoerende hoofde van maatskappye in en het die nodige vaardighede om verskillende teenstropingsoplossings te toets,” het Hansen gesê.
“Isap se strategiese benadering tot teenstropery sluit die betrokkenheid van plaaslike gemeenskappe in en is nodig om stropery in Namibië te stop.”
Hansen sê Isap is 'n niewinsgewende organisasie wat afhanklik van verantwoordelike korporatiewe burgers soos Nedbank is wat 'n sterk invloed op omgewingsinisiatiewe het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie