Nederige Aleit woeker weer op sy trefferreeks
Die sakeman en TV-aanbieder Aleit Swanepoel sê hy is sprakeloos oor ’n insetsel op sy leefstylprogram, Tyd met Aleit, waarin hy vir ’n insek-ete moes aansit.
Swanepoel en die model Marciel Hopkins het in die insetsel, wat Sondag op kykNET uitgesaai is, ’n draai by The Insect Experience in Woodstock, Kaapstad, gemaak en moes smul aan disse wat onder meer met insekte as ’n bestanddeel berei is.
“Dit was lekker, maar skryf vir jou lesers ek wil nie vir hulle sê wat vir ’n uur ná die tyd tussen my tande vasgesit het nie!” sê Swanepoel laggend. “Ek het wel die insek-aarbei-roomys geniet.”
Die insetsel is ’n nuwe deel van die program se vyfde reeks wat spesifiek na leefstylneigings in Suid-Afrika kyk.
“Wat ons ook anders doen, is om celebs uit vorige reekse te vra om die neiging saam met my te bekyk of aan te pak,” sê hy.
“Een neiging is, byvoorbeeld, volwasse partytjies wanneer jy ouer as 50 word. Brandewyn is nog ’n neiging – ons maak al jare die beste brandewyn in die wêreld – en in nog ’n insetsel het ek gaan perdry. Ons is glo die eerste land ter wêreld wat ’n graad in perde-fisioterapie aanbied – hoe ongelooflik!”
Benewens dié insetsels is die res van die episodes gevul met die leefstylinhoud waarop TV-kykers reeds sedert April 2017 versot is. Swanepoel sê hy kan nie glo hulle het vyf reekse in drie jaar verfilm nie – die vyfde daarvan in net ’n maand.
“Ek dink die konsep van die reeks hou kykers vasgenael,” sê Swanepoel. “Dit het eers glad nie oor my gegaan nie. Ja, ek het ’n invloed – ek word beskryf as die leefstylghoeroe van Suid-Afrika, wat mind blowing vir my is – maar ek dink die regisseur, Mandie Dreyer, se aanvanklike idee is steeds die trekpleister – om na celebs se huise te gaan, te kyk hoe hulle leef, wat alles in hul laaie is, of hulle werklik elegant is en of hulle enige kommin streke het.”
Hy erken beskeie dat hy tog saam met die reeks ook ’n geliefde trekpleister geword het waarna kykers uitsien, maar moenie dink hy beskou homself nou as ’n grootkop nie.
“Ek doen nou verskriklik baie praatjies by skole en vrouedae,” sê Swanepoel. “Die organiseerder van ’n geleentheid op Citrusdal sê op ’n dag vir my die gehoor lag so omdat ek so van die celebs praat asof ek nie een is nie – en toe sê ek vir haar dis omdat ek nié een is nie.
“Ek is nederig en sien myself nie soos ander mense my sien nie. Ek wil nie verander nie. Ek haat mense met ’n ego – en ’n mens sien dit baie by celebs – maar glansmense is ook maar net dít: mense.”
In die vyfde reeks gaan kuier Swanepoel en sy span by bekendes soos Zozibini Tunzi, die huidige Mej. Heelal, Willem Botha, Clint Brink en sy vrou, Steffi van Wyk-Brink, die aktrise Lizz Meiring en die akteurspaar Johan en Lida Botha. Hy dek ook in sy eie huis ’n tafel vir die aanbieders van die kykNET&kie-geselsprogram Tussen ons.
“Ons het Lizz in Durbanville verfilm – en sy was absoluut die grootste verrassing! Die gesprek was diep en sy is so slim en doen ongelooflik baie vir akteurs in hierdie land. Ek het net die grootste respek vir haar.
“Nog ’n groot oomblik – dalk die grootste van my loopbaan – was om met Johan en Lida (Botha) by hul huis buite Oudtshoorn te skiet,” sê hy. “Dit was fenomenaal. Hulle is so eg en eerlik en slim.”
Swanepoel sê hy kry gereeld mense wat hom op straat voorkeer en hom dan vir wenke oor trou- en geleentheid-beplanning vra. Sy wenk is in dié verband vanjaar baie eenvoudig. “Hou dit tydloos. Jy moet altyd dink: As jy jou troufoto’s eendag vir jou kinders wys, wat gaan hulle van jou troue sê? As dit tydloos is, sal dit altyd in die mode bly.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie