Nederland maak stem dik oor populisme
Nederland het vir die pro-Europese partye gestem en aan premier Mark Rutte 'n beduidende oorwinning oor die regse politikus Geert Wilders besorg.
“Dit lyk of die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) weer die grootste party in Nederland gaan wees,” het Rutte gesê nadat sy party reeds 33 van die 150 setels in die parlement gewen het.
Geen party sal 'n volstrekte meerderheid kry nie en Nederland sal weer deur 'n koalisie regeer word. Die gesprekke om 'n koalisieregering te vorm, kan maande duur, maar Rutte se party sal so 'n koalisie lei.
“Nederlanders het ná Brexit en die Amerikaanse verkiesing halt geroep teen die verkeerde soort populisme,” sê Rutte.
Wilders het erken hy het nie die steun gewerf wat hy wou hê nie, maar sê hy beplan om steeds sterk as die opposisie te wees.
“Ek sou eerder die grootste party wou wees, maar ons het setels gewen en is trots daarop,” sê hy.
Meer as 80% van die kiesers het gestem, die hoogste persentasie in jare.
Sommige meningsopnames het in aanloop tot die verkiesing getoon dat Wilders, wat beloof het om ontslae te raak van Islam in Nederland, se party die meeste steun sou kry.
Die meeste van die stemme is egter getel en sy party het net meer as 20 setels gekry. Dit sal nie genoeg wees om 'n regering te vorm nie, omdat die voorste partye nie saam met hom wil werk nie.
Nederland se verkiesing was die eerste van drie rigtinggewende verkiesings wat vanjaar in Europa gehou word, met Frankryk en Duitsland s'n wat nog voorlê.
Dit behoort 'n goeie aanduiding te wees van die rigting waarin die Europese politiek beweeg.
Mabel Berezin, professor in sosiologie aan die Cornell-universiteit in Amerika, sê 'n nederlaag vir Wilders moet nie beskou word as 'n teken dat Europese populisme kwyn nie.
“Hy het nie 'n populistiese golf verteenwoordig nie. Inteendeel, hy is deel van die politieke landskap en sy party se resultate sê nie veel oor Europese populisme nie.
“Die ware toonaangewende verkiesing sal die Franse verkiesing in April wees waarin Marine Le Pen 'n kandidaat is. Dit is waar die populistiese aksie is en dit is waarop ons moet fokus,” sê sy.
- Netwerk24/Reuters/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie