Nederland nie in WB, Robben tree uit

Sokker
Andrew Poolman
Arjen Robben, kaptein van Nederland, het internasionale sokker vaarwel geroep nadat sy span nie ’n plek in aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Rusland kon oopspeel nie.

Robben het Dinsdag albei doele aangeteken in Nederland se sege van 2-0 teen Swede, maar dit was nie genoeg vir die oranjetruie om vir die skouspel in 2018 te kwalifiseer nie.

Sy span moes die Skandinawiërs met sewe doele in Amsterdam klop as hy op wonderbaarlike wyse nog by die agterdeur wou inglip.

Vir die Nederlanders is dit ’n bitter pil. Robben was ’n lid van die span wat die afgelope twee WB-toernooie sukses behaal het deur in 2010 in Suid-Afrika die eindstryd te haal en in 2014 (in Brasilië) derde te eindig.

“Dit was nie ’n maklike besluit nie, maar ek is 33 en moet nou my volle aandag aan my klubspan skenk,” sê die Bayern Munich-speler.

Robben het in April 2003 sy buiging vir Nederland gemaak en 37 doele in 96 verskynings aangeteken.

Hy is gesamentlik vierde boaan die lys van Nederland se voorste doelvrate, gelyk met die legendariese Arsenal-doelskieter Dennis Bergkamp. Die rekordhouer Robin van Persie (50 doele) en tweede geplaaste Klaas-Jan Huntelaar (42) is beide nog aktief, terwyl Patrick Kluivert (40) sy internasionale loopbaan in 2004 afgesluit het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!