Nederland te flink vir hokkievroue
Nederland te flink vir hokkievroue

Nederland te flink vir hokkievroue

Andrew Poolman
Hokkiespelers van Namibië (in blou) en Nederland (oranje) poseer vir 'n groepfoto ná hul vriend­skaplike opwarmwedstryd gister in Amsterdam.

Die wêreld se topgekeurde span, Nederland, en Namibië is vanaf 7 Februarie twee van die spanne in die binnenshuise Wêreldbekertoernooi in Duitsland.

Gister het afrigter Erwin Handura se Namibiese vrouespan 'n paar wegbreekkanse op die teenaanval gekry en kon sommiges hiervan naelskraaps nie afrond nie. Hierteenoor het Nederland met kliniese spel gewys hoekom hy so hoog gereken word deur die kragmeting met 5-0 te wen. Handura sê die span kan steeds sy struktuur op verdediging verfyn.

Spankaptein Magy Mengo en haar maats speel vandag weer twee opwarmwedstryde teen Nederland – dié keer in Utrecht. By die Wêreldbeker sal die Namibiërs saam met Duitsland, Rusland, Australië, Tsjeggië en Oekraïne gegroepeer wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!