Nederlander steun eenheid teen stropery
'n Buitelander stap en ry fiets vanaf Utrecht na Amsterdam om geld vir Namibië in te samel om wildstropery hok te slaan.
Tanja Bause
'n Vrou in Nederland het vir 20 uur ononderbroke 'n staptog ten bate van 'n teenstropingseenheid in Namibië aangepak en sodoende N$101 800 ingesamel.
Me. Charlotte Kooimann het in 2017 in Namibië aangekom om vir drie jaar vir wildlewe-organisasie N/a'an ku sê te werk.
“Ek ken die teenstropingseenheid en die goeie werk wat hulle doen. Hulle is 24 uur sewe dae per week in die reën, son, hitte of koue daar buite in die veld om diere, die natuur en mense te beskerm.
“Ongelukkig met die Covid-19-pandemie en mense wat hul werk verloor, neem stropery toe en ek praat nie net van groot diere soos renosters en olifante wat gestroop word nie, maar ook strikke wat vir sogenaamde bosvleis uitgesit word. Strikke vir enige diere wat geëet kan word. Dit gebeur ook nie net in Namibië nie. Wêreldwyd is teenstropingseenhede besig om finansieel te sukkel.”
Sy was bewus daarvan dat die teenstropingseenheid van N/a'an ku sê nuwe toerusting benodig en het besluit om te help.
“Weens die pandemie ly die hele toerismebedryf en ontvang onder meer teenstropingseenhede nie finansiële ondersteuning nie.”
In Januarie vanjaar het sy tydens 'n besoek aan vriende en familie in Nederland die idee gekry om binne 24 uur sonder onderbreking deur al die klein dorpies vanaf Utrecht na Amsterdam te stap.
“Ek het op 21 Februarie om 17:00 in die middestad van Utrecht begin en daar rondgestap. Aangesien ons in daardie stadium 'n aandklokreël van 21:00 tot 04:30 gehad het en ek dus nie op die straat kon wees nie, het ek in die agterplaas van my ouers se huis geloop. Dit het my voet nie goed gedoen nie en ek het my enkel seergemaak.
“Ek het nogtans die Sondagoggend met my staptog na Amsterdam begin. Nadat ek 20 ure gestap het, kon ek nie meer aangaan nie en ek het besluit om verder fiets te ry. Kort nadat ek met die fiets in Amsterdam ingery het, het ek opgehou omdat die pyn net té erg was,” het sy gesê.
Ten spyte daarvan dat Kooimann minder as 24 uur gestap het, het sy steeds 5 565 euro ingesamel.
“Mense van oraloor die wêreld het my ondersteun. My enkel pyn nou nog, maar dit was absoluut die moeite werd en ek is bly ek kon help en hoop die eenheid kan nou die nodige toerusting aankoop.”
Intussen is Kooimann weer terug in Namibië waar sy tans vir haar studievisum wag sodat sy haar vlieglisensie kan kry.
“Weens Covid-19 is alles bietjie moeiliker en die papierwerk stadiger, so terwyl ek op die visum wag, is ek besig om te studeer. Ek probeer tans leer hoe 'n vliegtuig vlieg.”
Sy wil graag 'n bosvlieënier (Bushpilot) word sodat sy diere en selfs mense in die hele Namibië kan help.
“Ek het in Namibië besef ek kan my droom om 'n vlieënier te word en my passie vir natuur- en dierebewaring vervul. Dit is wat ek nou mee besig is en hopelik kan ek in die toekoms 'n positiewe bydrae in die lewens van diere, maar ook van mense in Namibië maak.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie