Nedersettings sien die lig
Nedersettings sien die lig

Nedersettings sien die lig

Tanja Bause
Tanja Bause - Die munisipaliteit van Windhoek (CoW) het 1 200 huishoudings in die Tobias Hainyeko- en Moses Garoeb-kiesafdeling aan die nasionale kragnetwerk gekoppel.

Volgens Windhoek se burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, het die projek N$13 miljoen gekos, wat die munisipaliteit van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling ontvang het.

“Die mense in Okahandja Park en Havana het nou rede om te glimlag. Hul elektrisiteitprobleem is iets van die verlede,” het hy gesê.

CoW het boonop 11 hoë masligte aangebring.

Twee ligte sal in die Mix- informele nedersetting, Groot Aub-, Samora Machel- en Moses Garoeb-nedersetting geïnstalleer word, en drie in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling.

“Ons is dankbaar die ministerie het nog N$14 miljoen vir fase twee van die elektrifiseringsprojek beskikbaar gemaak. In die volgende finansiële jaar sal ’n verdere 1 000 huise elektrisiteit ontvang. Die projek het reeds in Otjomuise, One Nation en Havana afgeskop,” het hy gesê.

Me. Aune Shikongo (30) woon die afgelope vyf jaar in Okahandja Park en moes voorheen van kerse en ’n gasstoof gebruik maak.

“Ek is baie bly oor die elektrisiteit. Die kerse wat ek altyd gebruik het, is baie gevaarlik. As hulle omval, kan my hele huis afbrand en ek kan alles verloor. Nou sit ek die skakelaar aan en daar is lig,” het sy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!