Nee dankie vir Areva se ontsoutingsaanleg

Te duur, sê kabinet
Jo-Mare Duddy Booysen
Jessica Botes - Die regering se planne om Areva Namibia se ontsoutingsaanleg te koop, is van die baan ná die kabinet dit weens die “finansiële implikasies” daarvan verwerp het.
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, het dié aankondiging gister tydens ’n inligtingsessie op Swakopmund gemaak.
Die kabinet het aan die begin van die jaar die transaksie in beginsel goedgekeur nadat hulle ’n verslag van die regering se onderhandelingspan met Areva ontvang het.
“Kwessies rakende die finansiële implikasies is egter na die kabinet se komitee oor finansies verwys. Met dié komitee se verslag as basis, het die kabinet die aankoop van die ontsoutingsaanleg verwerp,” het Mutorwa gesê.
Die regering het nie besluit om niks verder met Areva te doen te hê nie, het hy gesê. “Ons gaan steeds water van hul ontsoutingsaanleg ontvang. Dis net die koop van die aanleg wat afgekeur is en ons praat nog met hulle.”
Volgens Mutorwa gaan die regering nou voort met sy plan om sy eie ontsoutingsaanleg te bou. Dit gaan binne die raamwerk van ’n vennootskap tussen die regering en die private sektor (PPP) geskied.
Rössing Uranium het nog nie by sy ministerie aansoek gedoen vir ’n permit om seewater te onttrek vir die myn se eie beplande ontsoutingsaanleg nie, sê Mutorwa.
Die ministerie van die omgewing en toerisme het onlangs ’n om­gewingsklaringsertifikaat aan Rössing toegestaan.
“Hulle moet nou vir die permit aansoek doen. Sodra ons dit kry, sal ons dit hanteer,” het Mutorwa gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!