Nee vir dwelms en alkohol
Leerlinge van die Amazing Kids Privaatskool en Akademie in Windhoek het op 12 Julie hulle stemme teen die misbruik van dwelms en alkohol dikgemaak. Aangesien die skool die Christelike geloof ondersteun, was die tema 1 Korintiërs 6 vers 19. "Ons is lief vir die kinders wat ons opvoed, daarom wil ons die beste vir hulle hê," sê me. Blossom Koopman, die skool se woordvoerder. "Dwelms en alkohol is nie goed vir hulle nie en die skool ondersteun daarom dat hulle bewus is van hierdie gevare." Foto Octavia Tsibes
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie