‘Nee’ vir FBI-ondersoek na regter se ‘seksaanval’
’n Vrou wat Brett Kavanaugh, pres. Donald Trump se benoemde as regter in Amerika se hoogste hof, van seksuele aanranding beskuldig, wil hê die FBI moet die voorval ondersoek voordat sy voor die senaat se regskomitee sal getuig.
Chuck Grassley, voorsitter van die komitee, het haar versoek om uitstel egter van die hand gewys.
“Niks wat die FBI of enige ander ondersoeker doen, sal enige invloed hê op wat sy aan die komitee sê nie, so daar is geen rede waarom dit vertraag moet word nie.”
Die komitee begin Maandag met ’n sitting oor dié kwessie.
Dié verwikkeling het Kavanaugh se kans om in dié lewenslange pos aangestel te word, vertroebel. Indien hy as regter in die hof aangestel word, sal dit die konserwatiewe greep daarop versterk.
IN 1982 GEBEUR
Christine Blasey Ford, ’n professor in sielkunde aan die Palo Alto-Universiteit in Kalifornië, sê Kavanaugh het haar aangeval, op haar gelê om haar vas te pen en probeer om haar klere af te stroop terwyl hy dronk was. Die voorval het by ’n partytjie in 1982 gebeur toe albei hoërskoolleerlinge was.
Kavanaugh sê dié beweringe is “geheel en al vals”.
Volgens die Withuis is Kavanaugh gereed om te getuig.
Ford se regsverteenwoordigers het in ’n brief aan Grassley geskryf: “’n Volledige ondersoek deur wetstoepassers sal verseker dat die kritieke feite en getuienis in die saak onpartydig beoordeel word en dat die komitee ten volle ingelig sal wees voordat enige verhoor gehou word of enige besluite geneem word.”
Grassley sê daar is geen rede waarom Ford se getuienis uitgestel moet word nie en ’n uitnodiging aan haar om Maandag voor die komitee te verskyn, bly staan. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie