Neeef byt vas
Die Nuwe Wetsontwerp vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging sal moontlik eersdaags ter tafel gelê word.
Denver Kisting - Die kabinet het die hersiene Nuwe Wetsontwerp vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (Neeef) en die konsepwetsontwerp in beginsel goedgekeur.
Só het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, gisteroggend tydens ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê.
Hy het gesê die kabinet het die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, gemagtig om die wetsontwerp aan die kabinetskomitee gemoeid met wetgewing voor te lê voor dit in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê sal word.
Oor die belangrikheid van Neeef het pres. Hage Geingob vroeër gesê swart Namibiërs gaan steeds weens die verlede onder ekonomiese ellende gebuk.
As gevolg hiervan is dit noodsaaklik om regstellende ingrypings gedurende die oorblywende tydperk van die Harambee-welvaartsplan in werking te stel, het die staatshoof toe gesê.
Geingob se tweede en laaste termyn skop na verwagting op 21 Maart vanjaar af.
Hy het ’n Wêreldbankstudie aangehaal wat bevind het Namibië bly een van die lande met die hoogste inkomsteongelykhede ter wêreld.
Hoewel die land sedert onafhanklikwording in 1990 goeie vordering getoon het ten opsigte van die verlaging van armoede het inkomsteongelykhede kwalik in dié tydperk afgeneem, het hy gesê.
Oor die omstrede wetsontwerp het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) verlede jaar by monde van sy Namibiese sendinghoof, mnr. Geremia Palomba, gesê om te sloer met beleidsrigtings soos dié gee aanleiding tot onsekerheid.
“Gewoonlik is onsekerheid nie regtig goed vir beleggings nie,” het hy tydens ’n vergadering met die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie