Negatiewe Covid-19-uitslae per SMS gestuur
Negatiewe Covid-19-uitslae van die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) sal voortaan per SMS aan inwoners gestuur word. Volgens 'n verklaring deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sal die boodskap vergesel word van 'n skakel wat inwoners na die NIP se webtuiste neem en wel na 'n afdeling vir vrae wat gereeld gevra word. Inwoners word versoek om van die webtuiste gebruik te maak, hoewel die Covid-19-hulplyn, 0800 100 100 ook vir verdere navrae gebruik kan word.
Die SMS wat inwoners ontvang, sal van 'n amptelike NIP-nommer en wel 40400 gestuur word. Die verklaring maan enige boodskap wat nie van dié nommer gestuur word nie, is nie van die NIP nie en individue wat SMS-boodskappe in die verband vanaf 'n ongematigde telefoonnommer stuur word, sal ondersoek en regsaanspreeklik gehou word.
Die ministerie beklemtoon enige waninligting aan lede van die publiek en persone wat vals inligting versprei, sal vervolg word. Enige navrae oor Covid-19 moet aan die hulpsentrum by 0800 100 100, 0851 100100 of aan die ministerie by tel. (061) 203 2054 gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie