Nege dood ná orkaan Irma Karibiese eilande tref

NAMPA
Die kragtige orkaan Irma het ‘n pad van dodelike verwoesting gesaai toe dit Woensdag deur die Karibiese eilande beweeg het.

Minstens nege mense is dood en die tropiese eilande Barbuda en St. Martin is in berge puin omskep.

Vroeg gister het die kategorie vyf-orkaan weswaarts oor die noordelike kus van Puerto Rico beweeg en is op 'n roete na die suide van Florida, waar hoërisikogebiede ontruim is.

St. Martin, ‘n pragoord bekend vir sy naglewe, is deur die volle krag van die storm getref. Ongeveer 95 persent van huise aan die Franse kant van die eiland is verwoes. Die ander helfte van die eiland behoort aan Nederland. ‘n Afvaardiging troepe, reddingswerkers en medici is van Frankryk gestuur om hulp met reddingspogings te verleen.

Irma, met winde van tot 295 kilometer per uur, was gister op pad na die noordelike deel van die Dominikaanse Republiek en Haiti en sou ook die oostelike deel van Kuba tref.

Meer as die helfte van Puerto Rico se bevolking is sonder elektrisiteit met riviere wat hul walle oorstroom het.

Pres. Donald Trump het ‘n noodtoestand in Puerto Rico, die Amerikaanse Maagde-eilande en Florida afgekondig. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!