Nege jaar om baba aan te neem
Henriette Lamprecht – 'n Vrou van die Noorde probeer al die afgelope nege jaar 'n baba aanneem, maar loop haar telkens in burokrasie vas.
Die vrou (31) het in 2012 met die proses begin om 'n baba aan te neem deur die nodige vorms in te dien wat onder meer 'n bewys van haar finansiële status en 'n polisieverklaring insluit dat sy en haar verloofde wat saam met haar woon, nie kriminele rekords het nie.
Sy het dié deel van die proses suksesvol op Swakopmund voltooi en het dus aanvaar sy is as potensiële aanneemouer op die aannemingsregister vir kinders wat aangeneem kan word en voornemende aanneemouers geregistreer (RACAP).
Jare het verbygegaan en sy het geen terugvoer van die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn ontvang nie.
Vroeër vanjaar het die vrou na Omuthiya verhuis waar sy voltyds werk en saam met haar verloofde met wie sy reeds tien jaar in 'n verhouding is, in 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n kombuis en sitkamer woon.
'n Koerantberig van 'n weggooibaba wat tans in die Engela-hospitaal versorg word, het haar weer na 'n maatskaplike werker op die dorp laat uitreik. Mnr. Noah Shitalangaho het volgens haar bevestig dat sy as voornemende aanneemouer geregistreer is.
Toe sy egter aandring op 'n bewys van registrasie, het Shitalangaho beweer sy is nie geskik bevind nie.
“Die pyn is net te veel. Dit is al so veel jare.”
“Ek was swanger en het op vier maande 'n miskraam gehad. Ek en my verloofde het toe besluit om 'n pasgebore baba aan te neem,” het sy gesê.
Ná herhaaldelike navrae aan Shitalangaho het hy uiteindelik op 29 Julie 'n brief aan haar gegee dat sy “op grond van 'n maatskaplike ondersoek soos vervat in die kinder- en beskermingswet” nie aan die kantoor se aannemingskriteria voldoen nie. Ook voldoen die polisieverklaring se inhoud “nie met die dienste wat die aansoeker vereis nie”.
Sy kan egter wel ander maatskaplike werkers nader vir verdere dienste vir aanneming.
Volgens die vrou het Shitalangaho glo nooit 'n ter plaatse ondersoek van haar woonstel gedoen nie.
“Ek het 'n werk, is in 'n vaste, langtermynverhouding met vaste verblyf. Volgens hom kan 'n baba nie in 'n eenslaapkamerwoonstel bly nie, maar dis 'n baba! Natuurlik gaan die baba by ons in die kamer slaap; ek sal hom mos nooit alleen los nie.”
Shitalangaho het volgens haar gesê die baba kan nie in 'n “plek van gevaar” geplaas word nie en sy kan nie 'n baba aanneem terwyl sy in 'n eenslaapkamerwoonstel woon nie.
“Sy woorde was ek moet 'n ekstra kamer kry en is nie gekwalifiseerd om 'n kind groot te maak nie. Die omgewing waarin ek woon, is nie geskik vir 'n baba nie en 'n baba kan nie saam met 'n ouer slaap nie”. Sy het verwys na die weggooibaba wat weke later steeds in die Engela-hospitaal is en wat sy en haar verloofde 'n huis en familie voor wil bied.
'WAT VAN ONS?'
“Nêrens in die wet sê dit dat 'n huis soos wat hy sê 'n vereiste vir aanneming is nie. Ons het alles en ná so veel jare steeds nie 'n baba nie. Dit terwyl hierdie weggooibaba in die hospitaal is vir wie niemand wil hê nie. Wat van ons?”
Shitalangaho wou nie op navrae in die verband reageer nie en het gesê Republikein moet hom in sy kantoor op Omuthiya kom sien.
Volgens die wet kan 'n kind aangeneem word as hy of sy deur die ouer verlaat is, die ouer nie opgespoor kan word nie en die kind nie opgeëis word nie. Sou die kind in 'n veilige hawe gehuisves word, is die wagtydperk 60 dae en in ander gevalle van duidelike verlating 30 dae.
Die vereistes om 'n aanneemouer te wees, sluit in die persoon moet ouer as 25 wees, in Namibië woon en in omstandighede woon wat vir aanneming geskik is. 'n Persoon mag nie op die grondslag van finansiële status gediskwalifiseer word nie, maar 'n voornemende ouer moet in staat wees om in die kind se basiese behoeftes te kan voorsien.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie