Nege mense in brande en storms dood
Verwoestende wegholbrande in Knysna is aangehelp deure stormsterkwinde en duisende mense moes hul huise ontruim.
In Knysna in die Suid-Kaap het verwoestende wegholbrande Woensdag lewens geëis, in die Wes-Kaap het storms gewoed en in Sutherland lê die sneeu lê sowat 4 cm tot 5 cm dik met die temperatuur in die minus grade.
Verskeie brande het in die Suid-Kaap en Klein-Karoo gewoed en is aangehelp deur stormsterkwinde. Groot skade is aangerig. Tussen 8 000 en 10 000 mense is in Knysna weens die brande ontruim.
James-Brent Styan, woordvoerder van die Wes-Kaapse regering, sê die brande het vier lewens geëis.
Styan sê baie brande het nog gisteroggend in die gebiede om Knysna gewoed, “maar daar is grootliks nie brande in die dorpsgebiede nie”.
“Ons verwag nie dat ons meer mense gaan ontruim nie. Dit lyk egter of die ergste storms verby is,” het Styan gesê
Die N2 tussen Knysna en Plettenbergbaai is ook omstreeks 06:30 gister vir verkeer oopgestel.
Dié mense wat ontruim is na meer as 20 en 30 skuilings, insluitende vakansieoorde, skoolsale, kerksale en dorpsale, in die Wes-Kaap verplaas.
Die munisipaliteite van Sedgefield, Overberg, Plettenbergbaai, George, en Eden, asook die stad Kaapstad, het vragmotors en busse gestuur om die woonbuurte te ontruim.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het ook twee helikopters gestuur.
Sekere gebiede in die dorp het nie elektrisiteit en telefoondienste nie en die skole in Knysna was gister gesluit. Die weermag en ekstra brandspanne het gisteroggend in Knysna aangekom.
Brande in die dorp was grootliks onder beheer, maar mense uit 18 tot 20 woonbuurte moes ontruim word, sê Fran Kirsten, ’n woordvoerder van die Knysna-munisipaliteit.
SLAGOFFERS EN SKADE
Drie mense is dood in ’n brand naby Rheenendal in Knysna. Gerhard Otto, hoof van Eden-rampbestuur, sê die drie oorledenes is ’n plaaswerker, sy vrou en hul seun. ’n Vierde persoon in die gebied het gesterf as gevolg van ’n hartaanval. Dit is vermoedelik as gevolg van die spanning oor die brande.
In Kraaifontein is vier mense dood waar ’n brand glo weens weerlig uitgebreek het en ’n man is dood gekry nadat ’n plakkershut in Lavender Hill ineengestort het.
Wes-Kaapse rampbestuur sê 200 strukture is beskadig, waarvan 13 skoolgeboue is.
Vier mense van Panorama en Lavender Hill is hospitaal toe gebring met beserings. In ’n informele nedersetting in Malmesbury is 15 mense ontruim.
Minstens 13 skole in die Wes-Kaap het erge skade gely, soos dakke wat afgewaai en bome wat oor skoolhekke omgeval het.
In Kaapstad is Princeton Hoër, Capricorn Primêr, Plumstead Hoër, Bergvliet Hoër, Blomvlei Primêr, Vine School NPC, Impendulo Primêr, Palm Park Primêr en Itsista Primêr onder meer beskadig. In die Wynlande-distrik is De Tuinen Primêr, Riverview Primêr en Victoria Primêr in die storm beskadig.
Kragonderbrekings is in Albertinia, Stilbaai, Tulbagh, Caledon, Greyton, De Doorns, Touwsrivier, Ladismith, Franschhoek, Worcester en Darling aangemeld. Dit het ook daartoe gelei dat Ladismith se watertoevoer onderbreek is. Eskom bedien tans dié gebiede en doen herstelwerk.
In die Kaapse wynlande is 30 geboue beskadig en 37 huishoudings na tydelike behuising gebring. Sandsakke is by 89 informele nedersettings uitgedeel. Die brandweerstasie by Eerste Begin naby Worcester het ook skade opgedoen.
In die Weskus-distrik het sowat 13 huise se dakke afgewaai en 45 informele huise het ineengestort of die dakke is weggewaai. Daar is ook kragonderbrekings in Citrusdal aangemeld en die dak van ’n crèche het in Saldanhabaai weggewaai.
’n Vliegveld in Beaufort-Wes het ook deurgeloop toe die deur van ’n vliegtuigloods deur die wind weggeruk is.
In die Overberg-distrik is natuurreservate soos Kogelberg, Fernkloof en Stoney Point gesluit. Kragonderbrekings het voorgekom in Palmiet en Voëlklip, sowel as in Villiersdorp, waar kragdrade beskadig is en ’n muur omgeval het. Informele huise se dakke is afgewaai in nedersettings in Grabouw. Ses gesinne in Botrivier is dakloos gelaat. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie