Nege mense sterf op paaie
Tanja Bause – Vyf mense het Vrydagaand gesterf toe ’n Mercedes tussen Rehoboth en Windhoek in ’n trekker vasgery wat het. ’n Ruk ná die botsing het Volkswagen Jetta teen die wrak van die Mercedes gebots.
Die Jetta het ná die botsing die pad verlaat en omgeslaan. Drie volwassenes en een sesjarige kind wat insittendes in die Jetta was, het op die toneel gesterf.
’n Passasier van die Mercedes is ook op die toneel oorlede.
“Die bestuurder van die Mercedes het van die ongelukstoneel verdwyn en kon nog nie deur die polisie opgespoor word nie,” het die woordvoerder van die Namibiese polisie ao. Immanuel Lazarus gesê.
Die bestuurders van beide die Jetta en die trekker is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Die naasbestaandes van die oorledenes is volgens Lazarus nog nie van hul dood in kennis gestel nie.
In nog ’n ongeluk Vrydag is een persoon dood nadat die voertuig op B2 tussen Arandis en Usakos in die omgewing van Vergenoegd omgeslaan het. Volgens ’n verslag wat uitgereik is deur die Namibiese Padongelukfonds (MVA) het die bestuurder na bewering beheer oor die viertrekvoertuig verloor. Een van die insittendes is uit die voertuig geslinger en het ernstige beserings opgedoen. Hy is na die staatshospitaal op Usakos vervoer, waar hy aan sy beserings beswyk het.
Die bestuurder van die voertuig is ernstig beseer en na Windhoek vir spesialisbehandeling en -sorg oorgeplaas. Die oorledene en beseerde was deel van 'n groep toeriste onderweg na die kus wat in ’n konvooi van vyf voertuie gery het.
Intussen berig Otis Finck uit Walvisbaai die polisie ondersoek aanklagte van strafbare manslag, bestuur onder die invloed van drank, roekelose en nalatige bestuur asook die bestuur van ’n voertuig sonder ’n wettige bestuurslisensie teen die bestuurder van ’n bakkie wat na bewering beheer oor sy voertuig verloor en dit gerol het. Mnr. Matheus Marselinus (31) is opslag in die ongeluk dood, terwyl nog twee passasiers met beserings in die staatshospitaal op Omaruru opgeneem is. Die ongeluk het Vrydag in die Omatjete- omgewing plaasgevind. Die bestuurder verskyn vandag in die landroshof van Omaruru. 'n Man is Vrydag omstreeks 21:00 op die hoofpad tussen Eenhana en Okongo deur ’n voertuig doodgery. Die verdagte is ’n 40-jarige man van die Onamulunga-nedersetting. Die polisie ondersoek duur voort.
Op die hoofpad tussen Ngoma en Katima Mulilo het die bestuurder van ’n regeringsvoertuig Vrydag ’n voetganger doodgery wat besig was om die pad oor te steek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie