Nege renosters tot dusver in 2020 gestroop
Nege renosters tot dusver in 2020 gestroop

Nege renosters tot dusver in 2020 gestroop

’n Vermeende Chinese horingsmokkelaar het voorverlede week borgtog van N$100 000 in die Omaruru-landdroshof gekry.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Nege renosters is tot dusver vanjaar gestroop en een olifant is vir sy ivoor afgemaai.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is die meerderheid van dié renosters op private plase gestroop.

Twee Namibiese mans wat na ­bewering 'n renoster probeer stroop het, is voorverlede Woensdag in hegtenis geneem.

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne en die ministerie van die omgewing, bosbou en ­toerisme se intelligensie- en ondersoek­eenheid, is die mans op ­Oshakati vasgetrek.

Een .303-jaggeweer en 38 van dié jaggeweer se patrone, asook vier patrone van 'n .30-06-jaggeweer en een patroon van 'n R1-aanvalsgeweer is glo by die twee afgevat.

Hulle is aangekla van die oortreding van die wet op ­vuurwapens, asook van sameswering om ­spesiaal beskermde wild te jag.

Slegs die een wildmisdaadsaak is in die week van 23 tot 29 Maart aanhangig gemaak.



HOFSAKE

In die Omaruru-landdroshof is 'n vermeende renosterstroper, mnr. Yi Chen Yu, voorverlede Maandag borgtog van N$100 000 ­toegestaan en sy medebeskuldigdes, mnre. Absalom Fillimon, Nghiyelepo Edward en Paavo Nepembe, is op borgtog van N$20 000 elk vry­gelaat.

Hulle staan tereg op 'n klag van die onwettige besit van twee ­renosterhorings en hul saak is tot 15 Junie vir die bepaling van 'n verhoordatum uitgestel.

Twee vermeende diewe van 33 renosterhorings, mnre. Petrus Iipinge en Pendapala Herman, is ook voorverlede Maandag borgtog van N$30 000 elk in die Windhoekse landdroshof in Katutura toegestaan.

Hul Namibiese medebeskuldigde, mnr. Ludwig Nangolo en die Angolese burger mnr. Fortunato Queta is borgtog geweier.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die 33 renosterhorings uit 'n instapkluis uit 'n lodge-eienaar se huis op Outjo gesteel het. Die lodge-eienaar het sy renosters onthoring en die horings in sy kluis bewaar.

Die beskuldigdes se saak is tot 4 Junie vir verdere ondersoek ­uitgestel.  - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!