Nege sterftes, 130 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met nege tot 3 271. Die meeste was in Okahao met vier sterftes, gevolg deur Oshikuku, Tsandi, Outapi, Oshakati en Tsumeb met een elk. Twee sterftes in onderskeidelik Tsandi en Okahao was tuissterftes, Geen van die sterfgevalle was ingeënt nie.
Gister is 130 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 11%. Die meeste is in die Ohangwenastreek (36%) gevolg deur Khomas met 15%. Onder die gevalle is 34 leerlinge, vier onderwysers, vyf studente en ses gesondheidswerkers. Sewe (5%) het een dosis entstof ontvang, terwyl twee ten volle ingeënt is.
Die aktiewe gevalle staan op 5 770 waarvan 272 in die hospitaal en 53 in die ICU is. Tot op hede het 183 792 een dosis entstof ontvang en is 75 483 ten volle ingeënt. Die herstelkoers staan op 93%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie