Nege vas met drie bergsebras

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Nege vermeende wildstropers is Sondag by die Ushoogte-pas in Khomas Hochland in hegtenis geneem.

Die Namibiese polisie, reserviste,­ boere en lede van Intelligence Support Against Poaching (Isap) het die vermeende wildstropers Sondag ná 14:00 op die Ushoogte-­pas sowat 80 km wes van Windhoek in besit van drie bergsebra-­karkasse en drie jaggewere met knaldempers in twee bakkies gevind.

Die slagplekke van die bergsebras met die koppe en binnegoed is in die Kuisebrivier gevind .

Volgens mnr. Fritz Kaufmann van Isap het die operasie­ tot laat Sondag­aand geduur en die verdagtes­ is na die Karibib-­polisiekantoor vir ondervraging geneem. Beamptes van die ministerie van die omgewing en toerisme is ook by die ondersoek betrokke.

“Die jaggewere met knaldempers is gelisensieerd en die verdagtes het 'n jagpermit vir gemsbokke en koedoes gehad, maar nie vir bergsebras nie,” sê Kaufmann.

Bergsebras is 'n bedreigde spesie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!