Nege voertuie, elf beserings binne 'n uur
Tanja Bause
Vrydag is drie ongelukke, waarin swaarvoertuie betrokke was, binne een uur by die stadspolisie in Windhoek aangemeld.
Nege voertuie was in die drie ongelukke tussen 16:00 en 17:00 betrokke, het mnr. Edmund Khoaseb, woordvoerder van Windhoek se stadspolisie, gesê.
“Die eerste ongeluk het in Kleine Kuppe by Gamsa- en Dungariesstraat plaasgevind. Die tweede het op die kruising van Onafhanklikheidsrylaan en Hosea Kutakoweg plaasgevind, en die laaste een was in Moses Garoebstraat in Doradopark,” het Khoaseb gesê.
U-DRAAI LOOP SKEEF
Die ongeluk in Doradopark was tussen 'n vragmotor wat werkers vervoer het en nog 'n voertuig.
“Die bestuurder van die vragmotor wou glo 'n U-draai in Moses Garoebstraat maak toe die voertuig sy kant getref het. Die vragmotor het omgeslaan en al agt werkers wat agter op die vragmotor was, is afgegooi en beseer. Die twee wat voor in die kajuit was, is nie beseer nie,” het hy gesê.
ONKLAAR REMME
“Die remme van 'n vragmotor het glo onklaar geraak toe hy by 'n styl bult in Kleine Kuppe afgery het. Die vragmotor het deur die omheining en stoep van 'n huis gebars en teen die voordeur tot stilstand gekom.”
Gelukkig was niemand was ten tyde van die ongeluk in die huis nie.
“Die vragmotor het ook teen 'n bakkie gebots en 'n vrou is in die bakkie se wrak vasgevang.
“Sy is gelukkig net lig beseer.
“Die bakkie het ook deur die omheining gebars.”
'n Hyskraan is gebruik om die vragmotor op te tel en te verwyder.
DOMINO-EFFEK
Tydens die ongeluk op Hosea Kutakoweg naby Hartlief het 'n vragmotor teen 'n voertuig van die Namibiese polisie se verkeersafdeling gebots.
As gevolg van die impak van dié botsing het die twee voertuie teen nóg vier voertuie gebots wat by die verkeerslig by die kruising gestaan het.
“Ses voertuie was in die ongeluk betrokke,” het Khoaseb gesê.
Volgens Khoaseb is 11 mense in dié drie ongelukke beseer, waarvan agt in die Doradopark-ongeluk beseer is. Een insittende is ernstig beseer, terwyl die ander sewe lig beseer is.
bots teen huis
Volgens 'n ooggetuie wou die bestuurder van die vragmotor wat in die ongeluk in Kleine Kuppe betrokke was in Hoba-straat afdraai ná hy agtergekom het sy voertuig se remme het onklaar geraak.
“Daar was egter voertuie in die straat en hy het verder gery en wou in Dungariesstraat van Gamsastraat af indraai.
“Dit is toe hy die bakkie getref het. Die vragmotor het teen die huis gebots en die bakkie teen die omheining van die huis,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie