Negejarige verdrink by Benniespark
Die lyk is gevind nadat ’n seun aan ’n werknemer gevra het om die swembad skoon te maak omdat hy op iets onder die water getrap het.
Tuyeimo Haidula
Die verdrinking van ’n negejarige seun by die Bennies Vermaaklikheidspark het Sondagmiddag ’n skokgolf deur Ongwediva gestuur.
Die seun, Mandume Armdforce, het glo saam met twee jong seuns in die kinderswembad geswem toe hy na bewering onopgemerk na die dieper swembad beweeg het.
Komm. Rauha Amwele, Oshana se streekbevelvoerder, sê die kinderoppasser was besig om ’n nege maande oue baba op te pas en het nie gesien dat Mandume uit die kinderswembad beweeg het nie.
“Sy (die oppasser) is later in kennis gestel dat ’n werkgewer sy liggaam in die swembad gekry het,” het Amwele gesê.
Hendrik Natangwe Kateta (26), ’n lewensredder wat reeds twee jaar by Benniespark werk, het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê hy is gewoonlik op die uitkyk vir kinders wat naby die dieper swembad beweeg.
Ten tyde van die voorval, sê Kateta, was hy besig om die kinderswembad skoon te maak omdat die wind vullis ingewaai het.
Nadat hy die kinderswembad skoongemaak het, het ’n ouer seun glo na hom toe gekom en gevra dat hy ook die dieper swembad kan skoonmaak omdat hy op iets onder die water getrap het.
Volgens Kateta was die swembad vol mense wat geswem en afgekoel het.
“Ek het na die swembad gegaan en met die vullisverwyderaar gevoel waar die seun gewys het en toe verskyn die kop bo die water. Ek het ingespring en die seun uitgehaal. Ek het op sy bors gedruk, maar hy het nie gereageer nie.”
Kateta het glo ’n handdoek gaan haal, die liggaam bedek en vanaf die ontvangskantoor die polisie gaan bel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie