Negentien gevangenes, drie leerlinge toets positief vir Covid-19
Negentien gevangenes, drie leerlinge toets positief vir Covid-19

Negentien gevangenes, drie leerlinge toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Negentien gevangenes van die tronk op Oluno en drie leerlinge van die senior sekondêre skool Iipumbu is deel van die 49 nuwe Covid-19-gevalle wat in die land aangeteken is. Uit die nuwe gevalle is 31 mans en 18 vroue. Die jongste is 17 jaar oud en die oudste 81 jaar oud.

Uit die 49 nuwe gevalle is 26 in Oshakati, 16 in Windhoek, twee in Rehoboth en een elk in onderskeidelik Keetmanshoop, Rundu, Outapi, Onandjokwe en Engela aangeteken.

Nog 28 mense het herstel wat die totaal op 11 000 te staan bring. Dit sluit 15 in Khomas, twee elk in onderskeidelik Omaheke en Omusati en nege in Oshana in.

Die aktiewe gevalle staan op 1 774 waarvan vyf in 'n baie ernstige of kritieke toestand is. Dit sluit twee baie ernstige gevalle in Khomas en drie baie ernstige gevalle in Oshana in.

Die Covid-19-verwante sterftesyfer bly op 133, tot op hede is 126 796 weefselmonsters getoets, tans word 7 014 kontakte gemonitor en 524 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer