Neil Sandilands durf die Namib aan
Die Suid-Afrikaanse akteur en musikant Neil Sandilands maak na jare weer sy verskyning op kykNET (DStv-kanaal 144) in die program Die Groot Niks, wat vanaf 12 Februarie om 18:00 op die kanaal uitgesaai word.
Die Namibwoestyn, waarvan groot dele sedert 2013 deur Unesco as ’n Wêrelderfenisgebied verklaar is, is ’n natuurwonder. Die woord “namib” beteken in die Nama-taal “die groot niks”, maar in hierdie reusagtige woestyn is daar ’n magdom geheime en wonders opgesluit.
In die nuwe reeks word die oudste woestyn ter wêreld van nader bekyk deur die aanbieder Neil Sandilands. Neil is bekend as akteur in produksies soos Konings, Orion, Jakhalsdans en Die ballade van Robbie de Wee asook internasionale produksies soos Sweet Tooth, News of the World en The Flash.
Die span agter die skerms is Hannes Visser en Waldo van der Waal wat ook vir die Afrikaanse motorprogram La’t Wiel verantwoordelik is. Die Suid-Afrikaanse veteraan TV-aanbieder en joernalis Ruda Landman doen die stemwerk.
In die reeks sal die Namib se asemrowende natuurskoon en die legendariese verhale van die voortgesette stryd tussen die mens en die natuur onder die loep geneem word. Daar gaan veral gefokus word op die hart van die Namib – die stuk tussen Lüderitz en Walvisbaai.
“Hierdie juweel het absoluut op die regte tyd in my lewe gebeur. Toe die vervaardigers die konsep en titel vroeg in 2021 vir my aangestuur het, was dit ’n maklike, besliste ‘ja’,” vertel Sandilands.
“Ek het al twee reise deur Namibië onderneem en het elke keer in verwondering gestaan oor die magiese en uitdagende belewenis. Dis tegelykertyd asemrowend en angswekkend. Om dié gebied tussen Lüderitz en Walvisbaai in die oudste woestyn ter wêreld te verken, is ’n voorreg wat oor min wesens se pad kom.”
Die eerste episode gaan oor die mens se drang om die natuur se rykdom te ontgin en hoe die natuur probeer om haar skatte te beskerm. In die tweede episode is bewyse van mynbedrywighede sowat 90 jaar gelede die fokus, en in die derde episode kom die Otavi, ’n stoomvaartuig wat in 1945 op die rotste geloop het, onder die soeklig.
*Skakel vanaf Saterdag, 12 Februarie, om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) in vir Die Groot Niks.
FOTO’s
Die reeks fokus op die Namib se asemrowende natuurskoon en die legendariese verhale van die voortgesette stryd tussen die mens en die natuur. Foto kyknet.dstv.com
Die Suid-Afrikaanse akteur en musikant Neil Sandilands is die aanbieder van 'Die Groot Niks' wat in die Namibwoestyn verfilm is. Foto Verskaf
'Die Groot Niks' word wat vanaf 12 Februarie op kykNET uitgesaai. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie