Nene vra glo: u2018Laat my gaanu2019
Nene vra glo: u2018Laat my gaanu2019

Nene vra glo: ‘Laat my gaan’

Elvira Wood – Nhanhla Nene, minister van finansies, het glo volgens Business Day vir pres. Cyril Ramaphosa gevra om hom van sy pligte te onthef.

Luidens dié berig het Nene Ramaphosa glo die naweek met dié versoek genader.

Ramaphosa het nog nie daarop gereageer nie.

Dit volg nadat Nene Vrydag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping oor sy destydse kontak met die omstrede Gupta-familie getuig het.

Daar het reeds die naweek geweldige druk opgebou met versoeke van onder meer die DA dat die minister moet bedank.

Behalwe sy ontmoetings met Ajay Gupta in Saxonwold, en ondanks die feit dat hy agterdogtig was oor die Guptas se bedoelings, word Nene nou ook van ’n botsing van belange beskuldig.

Dit is omdat hy voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) was toe die OBK saketransaksies vir sy seun, Siyabonga Nene, gefasiliteer het.

Nene en Pravin Gordhan, minister van finansies, word gesien as twee van die president se vernaamste luitenante om staatskaping en korrupsie hok te slaan.

Prof. Jannie Rossouw, hoof van ekonomie en sakewetenskap aan die Universiteit van die Witwatersrand, sê Nene moet die eerbare ding doen en bedank.

Ek was verkeerd om die Guptas by hul woning te ontmoet en nie in my kantoor nie.

Nhanhla Nene

Doen hy dit nie, moet Ramaphosa hom afdank.

“Daar is min eer oor in Suid-Afrika. ’n Beraad oor werkskepping help niks terwyl daar ’n vertrouenskrisis rondom die minister van finansies is nie,” meen Rossouw.

Nene het Vrydag in ’n ope brief aan alle Suid-Afrikaners gesmeek hulle moet hom vergeef.

“Ek was verkeerd om die Guptas by hul woning te ontmoet en nie in my kantoor nie,” skryf hy.

“Hierdie besoeke werp ’n skaduwee oor my gedrag as ’n openbare ampsdraer. Ek betreur die misstappe en smeek julle om vergifnis.”

Nene se verklaring lui verder dat hy weet daar is vertroue in hom geplaas om as openbare ampsdraer bo verdenking te wees.

“Maar ek is menslik en ek maak ook foute, insluitende dié van swak oordeel.

“Maar dit is egter redelik van die publiek om te verwag dat openbare ampsbekleërs betyds en ten volle die foute erken wat met die uitvoering van hul openbare pligte gemaak is.

“Ek moes hierdie ontmoetings vroeër en ten volle geopenbaar het, veral dié wat in Saxonwold plaasgevind het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!