Neser: Is ons terug by kruisteling?
Elvira Hattingh – Prof. Frikkie Neser van die Universiteit van die Vrystaat het oor die ekonomie van genetiese verbetering gepraat en hoe genetika só gebruik word dat die groeiende wêreldbevolking gevoed kan word.
Hy het ook verwys na suiwer beesrasse, wat moontlik ‘n fisiologiese optimum bereik het waar meer gene nodig is om hul verder te verbeter.
Na raming sal die wêreld in 2050 sowat 100% meer kos benodig as wat ons vandag gebruik om die mensdom te voed. Sowat 70% daarvan moet met behulp van beter tegnologie geproduseer word. Volgens hom sal genetiese verbeteringe die ruggraat hiervan vorm.
Seleksie is kragtig
“Seleksie is die kragtigste gereedskap in enige teler se hande. Jy kan bykans enige iets verander, solank dit oorerflik is. Ongelukkig word ‘alles’ verander.”
Hy het verwys na ‘n Hereford-bees in die 1950’s, wat nie eens menslike skouerhoogte bereik het nie. In 2002 het telers deur middel van seleksie Herefords geteel wat só hoog op die bene staan, dat ‘n mens nie oor sy rug kon sien nie. Vandag is hulle weer korter op die been.
Neser het in sy aanbieding ook na seleksie in ander bedrywe soos gewasverbouing verwys.
Graan
“In 1950 het die wêreld sowat 692 miljoen ton graan vir 2,2 miljard mense geproduseer. Teen 1992 het produksie na 1,9 miljard ton vir 5,6 miljard mense gestyg. Dit is 2,8 keer die hoeveelheid graan vir net 2,2 keer die bevolking.”
Volgens hom is die hoeveelheid graan in 1950 op 850 miljoen hektaar grond verbou, terwyl die 1,9 miljard ton in 1992 op net 840 miljoen hektaar grond geproduseer is.
“Dit is ‘n toename van 170% in produksie op net 1% meer grond. Amerika het byvoorbeeld ook 235% meer mielies op 23% meer grond produseer. Dis ‘n enorme verbetering.
“Die afgelope seisoen het Amerika gemiddeld 16,8 ton per hektaar afgehaal en in sommige gebiede tot 18,3 ton per hektaar. Sowat 50% van die verhoogde produksie is te danke aan genetiese faktore,” het Neser gesê.
Hy het tabelle gebruik wat wys dat die produksie van mielies en koring sedert 1966 in Amerika en Engeland min of meer verdubbel het.
“Sowat 50% van die verhoogde produksie is te danke aan genetiese faktore. Boonop is graan nou so aangepas dat dit beter weerstand teen stronkboorders het, ‘n insek wat graan aanval,” het Neser gesê.
“In die toekoms gaan plantteling moontlik die groter verantwoordelikheid vir verbeterde oeste moet dra. Die bedryf gaan meer afhanklik daarvan raak.”
Braaikuikens, kalkoene, varke
Hy het ook na die braaikuikenbedryf verwys en hoenderkarkasse in 1957 met dié van moderne hoenders vergelyk. Die diere is dieselfde kos gevoer, maar die moderne karkasse was baie groter en het baie meer vleis gehad.
“In 1957 op die ouderdom van 42 dae, het ‘n braaikuikenkarkas 540 g. geweeg en die voeromsetverhouding was 1:2,4. In 2015 weeg ‘n karkas van dieselfde ouderdom 2,8 kg en het dit ‘n voeromsetverhouding van 1:1,3. Soortgelyke veranderinge het onder kalkoene plaasgevind, met die verskil dat kalkoene se bors nou so groot is dat hulle nie meer natuurlik kan paar en voortplant nie.
“Sowat 80% tot 90% van groei onder braaikuikens, karkasveranderinge en slagprestasies is te danke aan genetiese seleksie,” het Neser gesê.
Eierproduksie per hen het ook oor die afgelope vyftig jaar met meer as 64% verhoog, terwyl die gewig van eiers met 83% toegeneem het en die hoeveelheid kos wat henne inneem, met meer as 20% gedaal het.
Neser het ook verwys na varkproduksie in Engeland. Tans skenk ‘n sog geboorte aan sowat 23 varkies pleks van net 14 per jaar soos vroeër, hulle vreet sowat 38% minder en skei 50% minder mis per kilogram uit. Hulle het in 1962 altesaam sowat 410 kg. gevreet vir elke 34 kg. vleis wat hulle gelewer het, terwyl hulle nou net 273 kg. vreet om dieselfde hoeveelheid vleis te lewer, ‘n verbetering van 50%.
Tot 60% van die vordering in die produksie van varkvleis, is te danke aan genetiese verbeteringe. Dieselfde geld vir verhoogde melkproduksie in melkkoeie.
Genetiese vordering in vleisproduksie
In Amerika slag beeskarkasse sowat 22% meer vleis uit en die totale beefvleisproduksie het met 11% verhoog, terwyl die beesbevolking met vyf miljoen verminder is. Die beeste se koolstofvoetspoor is ook 60% kleiner.
Neser het na ‘n gevallestudie in Suid-Afrika verwys waar bulle vir hul verhouding van kosomskakeling getoets is. In die studie het ‘n Charolais-bul ‘n voeromsetverhouding van 1:1,28 kg. gehad, ‘n Hereford 1:4,6 kg. en ‘n Nguni 1:5,06 kg. Hulle het onderskeidelik 2,286 kg., 2,061 kg. en 1,54 kg. per dag toegeneem.
Neser het in hierdie verband verwys na die Hereford-stoetteler Ian Lock se aanhaling wat lui “Die dilemma van die stoettelersbedryf is dat stoettelers hul omgewing kan verander om by hul genetika te pas. Die kommersiële vleisprodusent kan slegs bekostig om genetika te hê wat in sy omgewing pas. ‘n Ware genetiese program fokus op teling, nie voer nie.”
Hy het ook syfers uit een van sy studies gewys wat die veranderinge in doeltreffendheid in koeiproduksie oor die afgelope 25 jaar aandui. Die Afrikanerbeeste het ‘n verbetering van 18,3% gehad, Bonsmara 10% en Nguni 10,4%.
Volgens Neser wys die getalle ook daar is ‘n groot fokus op groei eerder as voortplanting in die plaaslike telersbedryf. “Die rede hiervoor is moontlik omdat ons steeds slegs enkele eienskappe vir seleksie gebruik, al is indekse reeds beskikbaar.”
Hy het ook na die fenotipiese tendens van speengewig onder Bonsmaras verwys, wat vanaf 1980 tot 1999 drasties verhoog het, maar sedert 2000 tot 2010 bykans dieselfde gebly het.
“Ons sien dieselfde tendens in suiwer rasse in Australië, in Amerika en die meeste van ons beesrasse. Die redes kan wees dat ons omgewing agteruitgaan. Dalk oorbewei ons, maar ek dink nie dit is die geval nie.
“Dit kan ook wees dat ons diere nie by hul omgewing aangepas is nie. Die waarskynlikste rede is moontlik dat hulle ‘n fisiologiese optimum bereik het. Ons moet dus meer gene versamel om die struikelblokke van die omgewing te oorkom.
“As dit die geval is, dan is ons terug by kruisteling,” het Neser gesê.
Riglyne vir seleksie
“Ons is geneig om vir eienskappe te kyk wat nie werklik van ekonomiese belang is nie. Besluit watter eienskappe ekonomiesgewys belangrik is en matig tot hoog oorerfbaar is. Vrugbaarheid is egter nie hoogoorerflik nie, maar dit moet ook in die seleksieprogram ingesluit word,” het Neser gesê.
“Wees bewus van genetiese antagonismes en wees onbevooroordeeld in jou evaluerings. Stel ook realistiese en haalbare doelwitte.”
Hy het telers aangeraai om van ‘n indeks gebruik te maak om vir verskeie eienskappe te selekteer en van nuwe tegnologie gebruik te maak.
“Gebruik beproefde kuddevaars en teel diere wat by die omgewing aangepas is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie