Nestlé en Starbucks roer hul sake saam
Nestlé en Starbucks span saam om woema in hul koffieverkope in die VSA te sit.
Die Switserse vervaardiger van Nescafé sal Starbucks, met sy hoofkantoor in Seattle, US$7,15 miljard betaal vir die regte om Starbucks-koffieprodukte in supermarkte, restaurante en spysenieringsbedrywe te verkoop.
In ’n verklaring wat Maandag uitgereik is, sê Nestlé hy sal die Starbucks-handelsnaam van volgende jaar af in sy Nespresso- en Dolce Gusto-kapsules inspan.
Die vennootskap beklemtoon Nestlé se volgehoue pogings om Amerikaanse koffiesnobs – wat graag java-koffie drink – in sy stal te kry.
In dié mark is die vervaardiger van Nespresso en Nescafé deur sy mededinger JAB Holdings verbygesteek.
Die Europese miljardêrsfamilie Reimann, eienaar van JAB, het meer as US$30 miljard aan die bou van sy koffie-ryk in die VSA bestee. Handelsname soos Keurig Green Mountain en Peet’s is baie gewild in die duurder marksegment in die VSA.
“Die vennootskap met Starbucks gee Nestlé die geleentheid om JAB op ’n afstand te hou,” sê Jean-Philippe Bertschy, ontleder by Vontobel.
Hy het bygevoeg die prys wat Nestlé betaal het, lyk dalk hoog, maar die belegging sal binne drie tot vier jaar vrugte afwerp.
“Dit bied aan Nestlé die geleentheid om skaalvoordele in die VSA te verkry, wat tot dusver ’n swak plek in die Switserse maatskappy se mondering was.”
Die transaksie is Nestlé se eerste vennootskap met ’n groot mededinger in die koffiemark. Die maatskappy verwag dat dit ’n positiewe impak op sy verdienste per aandeel en groeiteikens vir 2019 sal hê.
Sy koffiebedrywighede verdien jaarliks sowat US$2 miljard, wat sowat 9% van Starbucks se totale inkomste is.
Die koffiegroep sê hy sal die opbrengs gebruik om aandele terug te koop.
Starbucks sal voortgaan om die koffieprodukte van die gesamentlike onderneming in Noord-Amerika se verskaf terwyl Nestlé in beheer van vervaardiging in die res van die wêreld sal wees.
Die inkomste uit verkope gaan na Nestlé, wat op sy beurt ’n winsaandeel aan Starbucks sal betaal.
Sowat 500 werknemers van Starbucks sal hulle by Nestlé aansluit en die gesamentlike bedrywighede sal ook uit Seattle gedoen word.
Die ooreenkoms sal waarskynlik teen die einde van 2018 voltooi wees.
Volgens Starbucks sal Nestlé ook die reg verkry om verpakte koffieprodukte onder die handelsname Best Coffee, Starbucks VIA en Torrefazione Italia te verkoop.
Die ooreenkoms sluit die Teavana-handelsnaam vir tee in, maar sluit alle kitsprodukte en verkope in Starbucks se koffiewinkels uit. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie