Nestlé se KitKat: Dink pienk
As jy gedink het sjokolade is altyd bruin of wit, het Nestlé nuus vir jou.
Dié maatskappy maak nou ’n pienk – oftewel “robynkleurige” – KitKat. En nee, dit is nie pienk gekleur nie, die sjokolade self is pienk omdat dit van robynkleurige kakao gemaak is.
Geen bessies, geursel of kleursel word by die sjokolade gevoeg nie.
Die sjokoladevervaardiger Barry Callebaut van Switserland het die robynkleurige sjokolade ontwikkel.
Nestlé se pienk KitKat is nou die eerste verbruikershandelsmerk wat dié sjokolade bied.
Nestlé het die produk in Januarie in Japan en Suid-Korea bekend gestel. Dit was egter só gewild daar dat hy besluit het om dit nou ook in ander lande te begin verkoop.
Alexander von Maillot, hoof van Nestlé se produksie, sê die nuwe KitKat het die eerste week nadat dit in Januarie in Japan en Suid-Korea bekend gestel is, elke dag binne 30 minute uitverkoop.
Die Britte sal die eerste verbruikers buite Japan en Suid-Korea wees wat vanaf 16 April aan dié pienk lekkerny sal kan smul.
Nederlanders sal van 23 April af ook in die pienk vreugde kan deel.
Nestlé sê in ’n verklaring hy sal dit daarna verder na die reus van Europa en Amerika versprei.
In dié stadium is daar nog geen nuus dat dit in Suid-Afrika verkoop gaan word nie. – Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie