Net 110 nog onder kwarantyn
Net 110 nog onder kwarantyn

Net 110 nog onder kwarantyn

Dani Booysen
Owerhede het vuur getrek oor toegang tot inligting tydens vanoggend se nuuskonferensie by die nasionale Covid-19-kommunikasiesentrum in Windhoek.
Dr. Theo-Ben Kandetu, hoof van gevallebestuur in die nasionale coronavirustaakspan, het gesê daar was teen Saterdag steeds net 13 oorblywende, aktiewe gevalle in Namibië.
‘n Totaal van 430 monsters is dusver getoets.
Sowat 110 persone is volgens Kandetu nog in kwarantyn. Die getal sal in komende dae verminder soos persone se verpligte monitering vir twee weke tot ‘n einde kom.
Kandetu het op Paassondag ‘n spesiale boodskap van dank aan gesondheidswerkers en ander kritieke diensleweraars oorgedra.
Vandag se paneelbespreking het op die kritieke rol van die media gefokus.

TOEGANG TOT INLIGTING
“Inligting moet vrylik vloei,” het Zoe Titus van die Namibia Media Trust gesê.
Volgens haar moet die regering in die pandemie die rol van die media besef. Deursigtigheid en verantwoording is volgens Titus beperk omdat inligting gesentraliseer is. “Beleidmakers besluit wie wat mag sê en wanneer,” het sy aangevoer.
Opbouende kritiek bly volgens Titus belangrik en die media moet die moeilike en ongewilde vrae vra. Sensuur en selfsensuur hou volgens die trust groot gevare in.
Stanley Similo, direkteur-generaal van die NBC, het saamgestem toegang tot inligting moet verbeter. “Anders gaan ander in daardie ruimte begin speel,” het hy gesê – en dit is riskant.

‘N WATERSKEIDING
Al drie sprekers het saamgestem Covid-19 het groeiende druk op die media verhoog om te vernuwe.
Sekere joernaliste is volgens Titus gedwing om onmiddellik nuwe vaardighede aan te leer. “Joernalistiek sal nooit weer dieselfde wees nie,” het sy gesê.
Groot dele van die NBC se inhoud is volgens Similo aangepas om noodsaaklike inligting te deel en waninformasie teen te werk, terwyl vermaak in hoktyd ook belangrik bly. Die nasionale uitsaaier bereik volgens hom daagliks 1,6 miljoen mense en radio-uitsendings, veral in inheemse tale, speel ‘n kritieke rol.
Die NBC het die afgelope weke 63% van sy advertensie-inkomste verloor, het Similo gesê. Verliese op die front kan vanjaar volgens hom tot N$40 miljoen groei.
Inkomstemodelle sal volgens Similo aangepas moet word om afleggings te voorkom.
Die coronapandemie het volgens Christof Maletsky, uitvoerende hoof van New Era, ‘n groot impak op tradisionele media. Druksyfers moes volgens hom gesny word, koerantverkope het saam met advertensie-inkomste verminder, bladsye moes verminder word en minder verslaggewers is gelyktydig aan diens.
Die uitdagings is volgens Maletsky egter ‘n positiewe geleentheid om op nuwe maniere inligting te deel. “Ons moet heeltyd daar buite wees,” het hy gesê.

TOEGANG TOT INTERNET
Toegang tot bekostigbare data vir almal is volgens Titus ‘n belangrike kwessie wat groter gesprek verg, veral omdat onderwys vanaf 20 April ook aanlyn moet plaasvind.
Similo het gesê die regering se internetplan, wat onlangs goedgekeur is, moet die vraagstuk aanspreek.
Toegang tot bandwydte is volgens hom nie net ‘n uitdaging vir die publiek nie, maar ook vir mediapersoneel wat nou tuis moet werk.
Die publiek kan vrae stuur na [email protected].
Kyk na die volledige uitsending by die skakel: shorturl.at/lpuBV
Namibia Media Holdings hervat ons regstreekse uitsendings van daaglikse nuuskonferensies ná Paasnaweek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!