Net 20% slaag NamRA-toets
Verskeie klaringsagente wat die NamRA-bevoegdheidstoets afgelê het, het gesê dit was te moeilik en meer gemik op die handjievol onder hulle met ’n doeane-agtergrond.
Ogone Tlhage – Minder as 20% van die klaringsagente wat die verpligte bevoegdheidstoets afgelê het om hul lisensiëring te hernu, het geslaag.
Daar is tans 343 werkende klaringsagente in die land wat namens invoerders en uitvoerders optree en die klaring van ingevoerde goedere behartig.
Ingevolge die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA)-wet, moet klaringsagente 'n bevoegdheidstoets slaag om vir 'n lisensie te kwalifiseer.
Amptelike statistieke wat NamRA aan ons susterkoerant Namibian Sun verstrek het, toon slegs 29 van die 212 agente wat die toets afgelê het, het deurgekom.
NamRA se uitvoerende hoof, mnr. Sam Shivute, het Woensdag gesê die lae slaagsyfer dui aan dat “daar mense is wat as klaringsagente werk, maar wie se begrip van die doeane- en aksynswet en -prosedures beperk is”.
In Januarie het die ministerie van finansies agente gewaarsku indien hulle nie teen 31 Maart aan die nuwe vereistes voldoen nie, loop hulle die risiko om hul lisensies te verloor.
Die agente het die regering die skuld gegee vir die vinnige totstandkoming van die agentskap sonder die nodige strukture en stelsels wat in plek is.
Sommige het ook gekla dat die toets te moeilik is en dat die omvang daarvan meer vir dié met 'n doeane-agtergrond was.
“Hierdie ouens het dinge net afgejaag, maar hulle was onvoorbereid.
"Daar is selfs internasionale vereistes van die Verenigde Nasies (VN) en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) waaraan NamRA nog nie voldoen het nie. Nou jaag hulle die agente aan om in te haal,” het 'n agent gesê wat verkies om anoniem te bly.
Nog ’n klaringsagent het gesê die regering het ’n “halfgebakte” produk ingestel.
Amptenare van die agentskap stem nie hiermee saam nie en sê die agente wou nie aan streng lisensiëringsmaatreëls onderwerp word nie, wat juis daarop gemik is om streng regulering van die sektor te verseker wat oor die jare in die donker bedryf is. Dié situasie het die land al miljoene in potensiële belastinginkomste gekos.
NUWE REGIME
Shivute voel die agente “moet hul sokkies optrek en ‘n dieper begrip van die doeane-prosedures ontwikkel”.
Dit sal volgens hom help om regmatigheid te verseker, asook om te verseker dat die handelsproses behoorlik uitgevoer word sodat handelaars hul deel van die doeaneregte en -belasting aan die staat betaal.
Hy het ook aangedui dat die sperdatum van 31 Maart aangeskuif is.
“Die nuwe datum sal aan die klaringsagente deurgegee word en ons sal opleidingsprogramme opstel. Namibië is die enigste land in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) wat nie vereis het dat klaringsagente 'n bevoegdheidstoets moet aflê nie,” het hy gesê.
In verband met die aantygings dat die toets te moeilik was, het Shivute gesê ’n ander benadering sal oorweeg word indien die slaagsyfer so laag bly.
“Indien daar gevind of bevestig sou word dat die inhoud te moeilik is om te verstaan, sal dit hersien word met die doel om dit meer verstaanbaar vir die agente te maak,” het Shivute gesê.
Hy het nie gesê of klaringsagente wat die toets druip, sal moet ophou om hul ondernemings te bedryf nie.
‘HALFGEBAK’
Minstens vier klaringsagente wat met Namibian Sun gepraat het, het die regering daarvan beskuldig dat hulle die bekendstelling van NamRA afgejaag het. Meeste van dié wat die toets geslaag het, was voormalige werknemers van die destydse direktoraat van doeane en aksyns.
“Die vrae is ontwerp vir doeanebeamptes,” beweer 'n agent wat die toets afgelê het.
“Daar is baie botsing van belange.” Die agente het bygevoeg dat, hoewel daar daadwerklike pogings tydens die vorige regime onder die ministerie van finansies was om hulle te help om met die nodige kennis vertroud te raak, het dit nou onder die agentskap verander.
“In die verlede was daar slypskole voor ons die toets geskryf het. Nou is daar nie meer so iets nie,” het amptenare gesê.
Om die bevoegdheidstoets te slaag moet agente internasionale handelsraamwerke soos die Kyoto-konvensie, die Wêreldhandelsorganisasie (WTO) se handelsfasiliteringsooreenkoms en streekooreenkomste verstaan. Agente moet ook die algemene beginsels van risikobestuur bemeester en die oorsprong van handelsregulasies verstaan.
– [email protected]
FOTO
Klaringsagente sukkel om te voldoen aan die streng nuwe vereistes wat NamRA ingestel het. Foto Namport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie