'Net die punt van die ysberg'
'Net die punt van die ysberg'

'Net die punt van die ysberg'

Dani Booysen
MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Daar is soveel mense wat 'n antwoord van my verwag.

Dit is 'n algemene situasie dat die regspleger die toekenning van die bates van die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) deur magvertoon en deur middel van openbare reëls (statutêre wette) bewerkstellig het wat die beginsel van gelykheid en sy eie grondwet skend.

Regdeur Rehoboth se geskiedenis is daar baie voorbeelde van wettige plundering deur middel van gemaakte wette van die politieke en ekonomiese magte. Gedeeltelike wettige plundering is die gevolg van tirannie en proteksionisme of universele wettige plundering as gevolg van sosialisme of kommunisme.

Wettige plundering is wanneer die wet (bv. wette 56/76 en 93/76) van die eiendomme van die RBG kon afneem en oordra aan die Rehoboth-regering, wat skedule vyf van die Namibiese Grondwet die mag gee om te verdeel wat nie aan hulle behoort nie. Nou huil dieselfde mense verantwoordelik vir wette 56 en 93, wat toe al die onteiening ten spyte van teenkanting van vier, of na bewering 12 000 petisionarisse aanvaar het. Hulle het dit op die magtelose meerderheid afgedwing en kerm nou oor die "onreg" van die regering. Dit maak nie sin nie en het ook nie vir die regters in vorige sake sin gemaak nie!

Ons behoort te onderskei tussen die privaatreg en die wet om mense te bind. Ook moet na kontrak en jurisdiksie gekyk word.

'n Kontrak is 'n bindende ooreenkoms wat deur eie, vrye keuse en op grond van jurisdiksie onderteken is en uiteindelik deur 'n eed van lojaliteit aan die regsgebied waarop die jurisdiksie van toepassing is. Dus, as ons uit 'n politieke of regsbevoegdheid uitbrei na die groter omvang op 'n nasionale en planetêre skaal van die jurisdiksie, kan ons sien dat 'n bindende eed van lojaliteit aan die jurisdiksie wat die wet geskep het, die regsuitspraak gaan bepaal.

Die sweepklapper, met bevraagtekenbare karakter van 'n beweerde kriminele wolk wat oor hom hang en gemene optrede soos die naamlose brief aan die DTA met die intensie om 'n man sy werk laat verloor omdat hy melding van 'n tref-en-trap oortreding op sosiale media gemaak het, is tans die faksieregsadviseur.

Ek is teensinnig om na mnr. McNab se verstandelike vermoë te verwys, wat vir almal wat met hom te doen het, duidelik is. Ek weet dat hy nie 'n verklaring deurtrek met soveel teenstrydighede kon maak nie. Dit is duidelik dat sy toestand misbruik word vir persoonlike motiewe.

Buitendien weerspreek die brief aan my deur hom en sy nuwe kapteinsraad die sogenaamde persverklaring by verre. Die brief is ook nie gedateer of onderteken nie. Dit is wel geëndosseer, maar nie deur al die raadslede nie. Om 'n dokument te endosseer, word deur die wet gesien as 'n handtekening of instruksies wat op die agterkant van 'n tjek of ander dokument geplaas word, met die doel om die belang daarvan aan ander toe te ken. Wat sê dit vir die lesers daarvan?

Die meer as 300 lidmate wat my op skrif versoek het om hul belange te bewaar en te verteenwoordig, is van mening dat my verdagmakery oor die paar Namibiese dollars van die Gemeente gaan. Die 30 000 deur mnr. McNab aangevra en onder protes vrygestel was in 'n privaat bankrekening inbetaal en tot op datum was geen verslag oor die aanwending van die fondse aan die administrateurs van die trustrekening (vir en ten behoewe van die kantooradministrasie) gelewer nie. Al wat bekend is, is dat twee manne drie weke lank kwansuis met 'n menseregte-advokaat by 'n Khoi-konferensie aan die Weskus, in Kaapstad en in Johannesburg gaan konsulteer het.

Die Basterfaksie wat die kapteinskantoor wil skaak om die regering te dagvaar, moet dus baie duidelik wees oor hul definisies en bedoelings wanneer hulle dit wil doen. Hulle moet goed besin voordat hulle stellings sonder substansie teen my maak, want dit mag lei tot groot karakterontnugtering.

Wat hierbo uitgewys word, is nie eens die punt van die ysberg nie. Maar nou ja, lyk nie of na my feitelike argumente en waarskuwings geluister word nie.

Ek was my hande in Pilatus se skottel vir wat nog kan kom.

Kommentaar

Republikein 2024-09-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.27 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 621.76/OZ UP +1.33% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 882.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 74.69/BBP DOWN -0.0026 | Platinum US$ 976.91/OZ DOWN -0.0059 Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.27 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 621.76/OZ UP +1.33% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 882.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 74.69/BBP DOWN -0.0026 | Platinum US$ 976.91/OZ DOWN -0.0059