Net Haikali of Doeseb vir NFA-president

Sokker
Net twee perde is oor in die resies om die nuwe president van die Namibiese Sokker­vereniging (NFA) te word.

Izak Fredericks en Johannes (Mabos) Vries se onttrekking as kandidate kom kort voor môreoggend se kongres en verkiesing by die Hotel Safari.

Johnny Johnson (JJ) Doeseb, gewese voorsitter van die Namibië Premierliga, en Black Africa se kandidaat en gewese klubpresident Christiaan Ranga Haikali is die enigste oorblywende opsies vir die toppos ná die ander twee se onttrekking, het die Fifa normaliseringskomitee vir Namibiese sokker gister bekend gemaak.

Daar was intussen ook onttrekkings van mense wat vir ander senior NFA-poste sou staan.

Vir die eerste visepresident was daar aanvanklik vier kandidate wat gekwalifiseer het, maar Rudolph Haingura en Peter Ndjulu het hulle intussen onttrek, wat vir Izak Fredericks en Michael Situde as die enigste oorblywende opsies laat.

Vir die tweede visepresident het Peter Ndjulu, Izak Fredericks en Nettie Cloete hul name uit die hoed laat haal, wat die wedloop tussen Michael Situde en Rudolph Haingura oorlaat.

Rudolph Haingura en Izak Fredericks het hulle ook nie meer verkiesbaar gestel om as 'n gewone uitvoerende lid aangewys te word nie.

Twaalf kandidate is oor in die verkiesing vir uitvoerende komiteelede, naamlik Nettie Cloete, Ingy Hainghumbi, Peter Ndjulu, Samuel Mushelenga, Ferdinand Hausiku, Dawid Morgan, Shali Amakali, Earnest Joy, Johnny Johnson Doeseb, Nelago Stephanus, John Sinime en Michael Situde.

Die normaliseringskomitee, op grond van hul aanstelling deur Fifa, het in die opbou as die beamptes gedien wat oor elke kandidaat se kiesbaarheid moes beslis en sal môre ook as die verkiesingsbeamptes optree.

Dié komitee bestaan uit me. Hilda Basson-Namundjebo (voorsitter), Franco Cosmos (ondervoorsitter), Vivienne Katjiuongua, Gaby Ahrens en Matti Mwandingi.

– NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!